tuis en elders, vir mammas en vrouens

Draai noordwaards

Draai noordwaards

Chaos. (uitspraak ga-os) Definisie: algehele warboel/ deurmekaarspul; wanorde. Dis pretty much hoe ek my lewe sou opsom. Innerlik in elkgeval. Dag na dag is gevul met frustrasie; stempels van mislukking om elke hoek en draai; kritiek teenoor myself en somtyds teenoor ander; junk wat in my kop rondmaal en nooit einde kry nie; poging na poging om iemand anders te wees as wie en wat ek is,  en steeds kry ek nie my innerlike begeertes verwesenlik nie. Ag, die lys is eindeloos. Iewerster het ek stuck geraak, soos ‘n outydse grammefoonplaat, om en om speel dieselfde ou deuntjie. Oor en oor gebeur dieselfde ding. Dis mal.

Ek het vier kinders. 8,6,4 jaar oud, en een van 20 maande. Elke dag kyk ek na hulle en ek voel soos ‘n complete failure! Daar is ‘n alewige swaarigheid wat op my skouers rus, wat ek net nie afgeskud kry nie. En dis nie dat ek depressed voel nie. Ek kry net nie *dit* reg nie. Ek het hierdie begeertes in my hart oor hoe ek wou he ons huishouding moes wees, hoe my kinders moes wees, hoe ek moes wees, en hoe my man moes wees – en alles het kort geskiet. Ek sukkel met dissipline in ons huis, ek sukkel met tuisonderrig, ek sukkel in my motivering om reg te eet, gym toe te gaan, die huis te onderhou, ek sukkel in my relationship met my man, en ek sukkel in my relationship met God. Ek het hierdie hoë standaarde, en ek kan dit nie haal nie. Ek het vandag besef – my kop is ‘n muisnes van leuens, negatiewe denkpatrone, unforgiveness, envy en wie weet wat als. As ek stock vat van wat aangaan in my lewe, wil ek in ‘n hopie kripeer want die vrek weet, die gemors is te groot vir my om op my eie uit te sorteer. En ek worry – wat as daar nie genoeg ure in my lewe oor is om te doen wat ek moes doen, of genoeg ure om te verander in die persoon wat ek veronderstel was om te wees nie.

Die ‘gospel’ is ‘the power of God for salvation to everyone who believes’ – die krag van God tot redding – en ek wonder waar lê die krag? net in die redding? Of is daar krag in hierdie lewe, en hoekom sien ek dit dan nou nie in my eie nie? En ek wonder oor genade – die Here sê ‘My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness’. En weereens dink ek, maar Here – waar is daardie genade in my lewe? How do I lay hold of it? Hoe kan ek dit aangryp, uitleef, toepas in my dag tot dag lewe? En hierdie vrae en issues en dinge maal in my kop rond. En daar is baie goed wat ek geleer het in Bybelskool, en in die kerk – maar dis teorie. En ek is moeg vir teorie. Kennis wat mens net maak dink jy weet baie, maar eintlik lyk jou lewe maar net soos die unsaved ou langs jou.

Ek leef in my dag tot dag, en ek kyk na my vier kindjies, en my Bybelskool antwoorde doen dit nie vir hulle nie. Dis bo hulle koppe. En ek besef, Here – ek lééf nog nie die goed wat soos ‘n vuur hier in my binneste brand nie. Want mag ek jou dít vertel – daar brand ‘n vuur verseker in my diepste. Die dae wanneer ek nie wanhopig voel omdat die goed net nie bymekaar kom nie, brand dit in my binneste dat dinge moet anders wees. Dat daar meer moet wees – meer heiligmaking in die Here, meer leef met Hom op ‘n daaglikse, tasbare manier. David het gesê ‘I am always aware of the presence of the Lord’ (Ps 16:8, GNT) – en daai ding – daardie elke oomblik bewustheid is iets wat my al najaag van die dag wat ek dit gelees het hoeveel honderd jaar terug – maar die waarheid is, ek is voortdurend distracted – daar is altyd iets wat my gedagtes wegvat van Hom af na ander dinge.

En hierdie brandende begeerte het my meermale al laat dink dat ek verkeerde keuses gemaak het in my lewe wat my laat opeindig het in die situasie waar ek nou is, getroud, en met kinders – en dat ek dalk eerder veronderstel was om in ‘n klooster te wees waar ek elke oomblik kon toewy aan God. Waar of nie waar nie – weet jy wat – dis irrelevant! Want sien, ek het hierdie manier om dinge so te bepeins dat ek heeltemal my fokus verloor eintlik. Paulus het gesê in Fil 3:13,14 ‘…But one thing I do: forgetting what lies behind and straining forward to what lies ahead, I press on toward the goal for the prize of the upward call of God in Christ Jesus’.  En dis nou al ‘n geruime tyd dat ek elke slag herhinner word aan daardie vers.

Daar is nog ‘n ding wat ek aan vasklou asof my lewe daarvan afhang. Dis iets wat ek glo die Here vir my so ‘n week of wat terug gesê het (en ja, die wiel draai maar stadig in hierdie huishouding en in my lewe) – In Deuteronomeum:

You have circled this mountain long enough. Now turn north… (Deut 2:3 NASB)

Want dit is presies hoe dit in my lewe was – al om en om dieselfde berg, maar ons kom net nêrens nie. Iemand het daardie ‘turn northwards’ geparaphrase as ‘break camp and advance’. Ek love dit. Ek kan sommer in my geestesoog sien hoe ek kampeer daar teen die voet van die berg. Slaan af daai kamp, en beweeg vorentoe. Dis my nuwe missie. Een dag of een week op ‘n slag.

My man sê nog van altyd af vir my ek moet skryf – ek hou van skryf en dink, kan nie sê ek is noodwendig so goed daarmee nie, maar ek hou daarvan om dinge op papier neer te skryf. Dis asof dit dan meer sin maak vir my. Asof op ‘n manier ek dan dinge kan uitpluis in my gedagtes wêreld.

En ek veronderstel dis dan nou seker die doel van hierdie blog. Ek wil soos ek dinge vir myself uitpluis dit neerpen. En dis nie dat ek noodwendig dink my rondomtalie gedagtes gaan enige iemand anders help nie, maar ek het wel gehoop dat daar uit die 6 miljoen afrikaans sprekende mense in Suid Afrika, daar enkeles is wat sal kan identifiseer met wat ek sê, en by some miracle op my site dan afkom, en kan lees wat ek skryf, en reken, ok wow! so ek is nie die enigste een wat hierdie paadtjie stap nie.

Ek hoop ook dat soos ek aangaan my taalgebruik sal verbeter – hierdie vermenging is nodeloos om te sê nou nie eersteprys nie.

In elkgeval – draai noordwaarts! Dis wat ek myself aan herhinner hierdie week. Tyd om my kampie af te slaan en noordwaarts te stap. Alles in goeie tyd soos hulle sê.



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *