tuis en elders, vir mammas en vrouens

Earl Grey en twee teelepels pressure asseblief

Earl Grey en twee teelepels pressure asseblief

Earl Grey. Ekt altyd gedink dis ‘n baie spesiale soort tee. Meanwhile is dit maar ‘n gewone swart tee met ‘n Bergamot geursel. Ek kan nie onthou hoeveel jaar terug ek dit die eerste keer geproe het nie. Maar ek onthou dit was volksvreemd in my mond en die smaak het nooit regtig plek gevind daar of in die tee-kas nie. Tot nou die ander dag. Toe ek ophou koffie drink het. Joeg, Prys die Here – koffie los was vir my soos sigarette los. Nie een kon ek op my eie doen nie – dit was ‘n verlossingswerk van die Here – en albei wéét ek, sit jou mond daaraan, en jy is weer vas juffrou. So. ‘n Soektog na alternatiewe het begin vir wanneer ek lus was vir ietsie anders as water. Want wie drink nou net water heeltyd? (Die gesondes, dis wie!) Hoeditookalsy – Earl Grey het finally pad gevind na my kas. En deesdae is dit vir my heerlik om my koppetjie Earl Grey (met heuning en melk) te maak, my Bybel nader te trek, en net te gaan sit om te gesels met die Here. So ‘n bietjies ‘n situasie van ‘Here, kom ons drink saam ‘n teetjie’… of… ‘Here, wag net gou, ek gaan maak gou ‘n teetjie’… Ek dink wel ek wil Earl Grey, en English Breakfast Tea en Gewone Ceylon Tee almal op ‘n stadium ook los, en net Rooibos en Water begin drink, maar dis nie vir vandag nie. Vandag is nog ‘n Earl Grey dag.

‘n Maand terug het ek nog ‘n huishulp gehad. Ene wat toe sy hier begin het soos ‘n masjien gewerk het. So in my kraal. Van dieselfde stof gemaak as ek. Selfde manier van dink oor hoe om skoonmaak te benader. Selfde manier van in elke hoek en gaatjie bykom. Sy was ‘n genade-gawe vanaf my onmidellike en aangetroude familie (lees ‘ander mense het betaal vir haar’…) na die geboorte van my vierde een. (Net so terloops – dis ‘n wonderlike persent om vir iemand te gee wat andersins nie ‘n huishulp sou kon bekostig nie – meer werd as tjoklits, of babaklere, of badgoed.) Sy het so amper twee jaar by  my gewerk. Van meet af was sy so 30% onbetroubaar, en het maar gereeld net nie opgedaag vir werk nie, maar ek kon my dag nie sonder haar indink nie.  Die laaste paar maande egter,  het haar tegniek, drif en ywer so bietjies begin kwyn, en stelselmatig het (die Here, glo ek) my begin voorberei dat ons lewe iewers gaan moet voortgaan sonder haar. Die idee het begin broei so amper ‘n jaar terug om my kinders meer betrokke te kry met huis skoonmaak en dies meer. My kinders, oulik soos hulle is, het maar attitudes wat suck partykeer, en nogals ‘n goeie dosis ‘entitlement’ in. Een van die maniere wat ek gevoel het ons hierdie twee vliee kan klap, is om hulle aan die werk te sit. Makliker gesê as gedaan, maar dis seker ‘n storie vir ‘n ander keer. En so het ek so stuk stuk begin om verantwoordelikhede self op te neem, en ander oor te gee aan die jongspan. Toe my huishulp se gesindheid so 3 maande terug ook negatief begin raak het, het ek besef die tyd het aangebreek.

My jongspan maak van hul 4de verjaarsdag af hul eie bed op. Dis ook wanneer hulle van die cot af skuif na ‘n enkel bed toe, en ook regte egte beddegoed kry. So daai een werkie het ons al ‘n goeie tyd in oefening gehad. Hulle moes ook self agter hulself opruim, met my hulp – maar daar was dae wat hulle so woes gespeel het dat selfs ek wanhopig neergesak het omdat orkaan Kinders die speelkamer getref het, en geen enkele mens in hul wysheid dit sou waag om dit te probeer uitsorteer nie, maar die beste raad sou wees om als weg te vat in sakke en oor te begin (natuurlik nie prakties nie, maar ons mag partykeer fantaseer). Wasgoed het ek nooit oorhandig aan my huishulp nie, want, wel, ek is nogals particular oor hoe dit gedoen moet word, en wou seker maar iewers voel dat ek nog beheer het. (Jammer, maar ek gee ‘n snorkie en lag nou hier in my mou, want enige iemand wat al ooit in my huis gekom het sal weet dis nou die een area in my lewe waar ek die minste beheer het!) O ja, en ek het altyd my eie bed opgemaak. Dis iets wat my ma my geleer het, maar wat ek aanvanklik nooit toegepas het nie. Ek het menigmaal frustreerd saans wanneer ek wil gaan slaap eers nog moes bed regtrek! Maar iewers het die pennie gedrop, en het ek geclick, my dag is net beter as my bed netjies is. En ek voel sommer net meer reg vir dit wat oor my pad kom.  Moeder was reg. Maar so is dit toe dat toe ek oplet my huishulp se gesiggie trek so kant toe as ek ‘n instruksie gee, en die sug is meer opsigtelik, en die voete sleep so terwyl daar gewerk word, en die half uur lunch raak nou ‘n uur en ‘n bietjies lunch, en whenever ek in ‘n vertrek instap waar sy is, is sy op die foon, en die vloer word nie meer elke dag gewas nie, en sy kom nie by elke vertrek uit nie, en en en – toe weet ek, ‘the end is nigh’. Ek het my kindertjies begin voorberei – daar is ‘n dag wat gaan kom wat ons alles gaan self doen kinders. En dit sal goed wees vir ons! ‘n Wonderlike geleentheid om te leer hoe ‘n huishouding gemanage moet word! ‘n Wonderlike geleentheid om te leer dat ons doen wat ons doen in en om die huis omdat ons deel is van ‘n familie en elkeen ‘n bydrae het om te lewer! En so is dit toe ook. Mid November pitch sy een oggend net nie. (nadat ons die vorige dag bespreek het wat die volgende dag gaan gebeur). ‘Are you coming to work today?’ ‘Yes but am going to be late…’ Reg so, maar ek herhinner haar vriendelik om meer ‘waarskuwing’ te gee as sy goed het om uit te sorteer. Dis immers haar verantwoordelikheid en haar werk. Dit blyk toe dat ‘late’ eintlik translated moes wees as ‘glad nie’. Volgende oggend vra ek vroeg vroeg of sy inkom. ‘Nope am not’.  ok? Nou wat gaan aan vra ek so ewe… stilte. Volgende dag vra ek maar gedwee ‘Kom jy vandag in?’ ‘Am sorry I dont think I might come back again it was nice working for u guys’. Nou ja – daar het jy dit. Tjoef tjaf, die einde van ‘n era.

Jis man, en dit rejoice eintlik hier binne my. Want sien, nou kan ons begin om self dinge aan te vat! Self skoon maak. Self uitsorteer. Self alles. Lekker!

Self alles is toe nogals moeilik hoor. En die kinders was nie naastenby so excited soos ek nie. En al die self alles beteken toe nogals ‘n goeie dosis stres wat bykom. En ekt skoon vergeet dat my jongste gereeld geslaap het tuis by die Hulp terwyl ek en die ander drie ons aktiwiteite aangepak het. O aarde, wat ‘n tameletjie om skielik alles uit te figure. En nie net dit nie, die pressure cooker was aan. En skielik besef ek, joeg, hier is ‘n goeie potjie gesindheids-mis (lees attitude-poop) wat kook hier binne my.

Prys die Here. Wat ‘n goeie God dien ons nie. Hy los ons net nooit soos wat ons is nie.

Ek sit en betrag my situasie so, en ek wonder, ag nou wat nou. Hoekom kan dinge nie net maklik wees nie! En ek besef, as dit maklik was, het ek nooit maar nooit besef hoe donker my hart werklik nog is nie.

Nou kom ek backtrack net vinnig so ‘n bietjies. So ‘n wyle terug het ek daardie vers raakgelees wat sê ‘wat die hart van vol is, loop die mond van oor’. Nou in die verlede het ek altyd daaraan gedink in die konteks van salvation, en die joy van die Here, en Sy lig en lewe wat uit my uitstraal. Nooit verder nie. Nooit besef dat as ek so na myself sou luister wanneer die pot hard aan die kook is, dit vir my ‘n baie goeie indikasie sou gee van waar my hart nou eintlik lê op die oomblik nie.

Maar toe die wiele spreekwoordelik finaal heeltemal afkom, en ek nie meer ‘n huishulp het nie, en my kinders nie mooi saamwerk nie, en alles net ophoop en ophoop, en toe begin oorborrel, en oorborrel – toe luister ek. En ek besef my bad attitude, my kwaai woorde en gevoelens, my frustrasies, my murmurering oor myself, my kids, my omstandighede – dis als ‘n refleksie van wat hier in my hart is. En weet jy wat – ek dink die Here is baie meer geintereseerd om daardie ding te ontwortel in my hart as om noodwendig die omstandighede van my lewe uit te stryk. Prys die Here! What a great and awesome God we serve!

My God het geweet wat dit sou verg om die drek wat in my hart vasgeval sit, te begin los maak. Hy het geweet dat my huwelik dinge sou openbaar oor tyd wat ek andersins nooit maar nooit bewus van sou wees nie. Hy het geweet dat die challenges wat ek het met my kinders, goed sou laat opborrel na die surface wat ek andersins geheel en al sou gemis het. En hoe het ek dit als raakgesien? Ek het begin luister na wat uit my mond kom. Ek het die Here gevra – maak my bewus! Wys my! Because I want to serve You Lord. I want my life to bring Glory and Honour to Your name.

Ag julle – ek roep uit na die God wat ek dien, en ek vra – Here, kom verander dinge in ons huis. Maak reg hierdie verbrousel. Ek soek vrede! Ek soek U teenwoordigheid! En die Here sê – ‘Sure – maar ek begin by JOU. Nie by jou omstandighede nie. Nie by jou man nie. Nie by jou kinders nie. By jou.’ En weet jy wat is meer? Ek het dit al genoem, maar van ek kan onthou brand dit in my hart om soos David te kan sê “I am always aware of the presence of the Lord.” Wat ‘n beter manier om altyd bewus te wees van die Here as wanneer jy in jou swakheid uitroep na Hom. Wanneer jy so oorweldig is dat jy nie weet of jy kom of gaan nie. Wanneer elke oomblik van elke dag vir jou wys dat jy net nie in godliness kan stap tensy Hy dit nie deur jou doen nie!

Prys die Here vir wanneer ons challenged is! Prys die Here vir wanneer dit voel asof die wiele afkom. Prys die Here vir wanneer dinge nie vlot loop nie! When I am weak, HE IS STRONG! Wat beteken dit? Dit beteken ek sê – Here! Ek wil hierdie junk attitude exchange vir een van Joy, en overcoming! Here – ek is impatient! Ek kan nie self geduldig wees nie. Bewerk U geduld in my! Here, ek het nie krag vandag vir my kinders, en my deurmekaar huis, en vir alleen alles probeer manage, en alleen vanaand kinders in die bed sit, en alleen als nie. Ek het nie krag vir die onderbrekings, en vir die sukkel nie. O God! But YOU HAVE! Lord God, let Your power flow through me. Here – ek kan nie vandag my kinders lief hê soos ek moet nie. Ek wil skree; ek wil kwaai praat; eks nie lus vir aandag gee nie. But You God! You love them. With a perfect love. Love them through me. Come and fill me to overflow with more of Your love for them. Let Your love and Your joy flow through me to them. Kom verander my hart Here.

En die amazing ding is – my Herder doen dit. Ek hoef net saam te stap. Ek moet dit nie ‘maak werk’ hier binne nie. Ek roep uit! Deliver me Lord! Be my salvation! Be my strong fortress! En Hy is dit! Hy raak dit! Hy doen dit.

What an amazing God we serve. He uses the foolish. He uses the weak.

For consider your calling, brothers: not many of you were wise according to worldly standards, not many were powerful, not many were of noble birth. But God chose what is foolish in the world to shame the wise; God chose what is weak in the world to shame the strong; God chose what is low and despised in the world, even things that are not, to bring to nothing things that are, so that no human being might boast in the presence of God.  And because of Him you are in Christ Jesus, who became to us wisdom from God, righteousness and sanctification and redemption so that, as it is written, “Let the one who boasts, boast in the Lord.” [1 Corinthians 1:26-31]

Dis nie in ons strength wat die Here shine kry nie, dis nie in ons perfection nie. Maar in ons imperfection. In ons weakness. Prys die Here vir weaknesses. Prys die Here vir imperfection. Prys die Here vir ons struggles en ons challenges! In Him we are made perfect. Let all the glory go to Him.

Hoe gaan daai liedjie? In Christ alone, I place my trust, and find my glory in the power of the cross. In every victory, let it be said of me, my source of strength, my source of Hope, is Christ Alone.

Net in God alleen. For God alone my soul waits in silence; from Him comes my salvation. He alone is my rock and my salvation, my fortress; I shall not be greatly shaken.

Trust in Him at all times, O people; pour out your heart before Him; God is a refuge for us. [Psalm 62:8]

 



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *