tuis en elders, vir mammas en vrouens

Tuisonderrig is ons reis – laat ons hardloop in die vryheid daarvan

Tuisonderrig is ons reis – laat ons hardloop in die vryheid daarvan

Kan ek iets hier in die kuber-ruimte fluister? Daar is ‘n definitiewe persepsie in ons familie (lees ek, my man en ons kinders) dat my skoonfamilie reken Tuisonderrig nie die beste vir ons kinders nie. Inteendeel – daar is ‘n persepsie geskep dat hulle vas oortuig is dat ek my kinders se lewens gaan vernietig deur voort te gaan met Tuisonderrigting. Al die potensiaal opgesluit in my kinders se binnestes kan nie deur hierdie mamma ontgin word nie. *Diep asem-teug*.

Ek het besluit om vandag te blog oor hierdie hele Tuisonderrig (TO) kwessie. Sien – die reine waarheid is meeste TO mammas twyfel op een of ander tyd oor of wat hulle doen die regte ding is of nie, en of hulle ‘goed genoeg’ en ‘capable’ is om so ‘n massiewe taak nie net aan te pak nie, maar in die lange duur ook onder die knie te kry. Ongeag die ‘support’ wat sodanige mamma ontvang vanaf mense in haar onmiddelike kringe. So ‘n goeie klompie jare terug (my oudste was toe nog ‘n toddler, en die gedagte aan Tuisonderrig was toe nog net dit – ‘n gedagte) het ek iemand ontmoet van die UK af wat haar kinders gehomeschool het. Sy het daai tyd vir my aanbeveel om ‘n TO-joernaal by te hou waarin ek die redes hoekom ek dit wil doen uiteensit, juis omdat daar dae en tye kom wat mens nodig het om jouself te herhinner aan hoekom jy die keuse gemaak het. Ek het dit nooit gedoen nie (raps ek myself net vinnig oor die vingers), so vandag is soortvan my poging om dit vir myself ook uiteen te sit.

Vir my sou dit verseker baie makliker gewees het om my kinders na ‘n skool te neem. Ek onthou die dae toe ek nog gewerk het, en net twee kinders gehad het. Partye oggende was wild, en daar was stress in ons huwelik en dinge was partykeer nogals besonder chaotic. En dit was vir my heerlik (shocking i know!) om my kinders in die kar te kon laai, af te gee vir iemand anders, en werk toe te ry – ‘n koppie koffie maak, en stil voor my rekenaar gaan sit en net myself te laat settle in die dag. Teen die tyd dat ek hulle moes gaan haal was ek soms reg daarvoor, en ander kere nie. Maar dit was verseker gerieflik – die hele ding van om myself te kon verwyder van dit wat my so gechallenge het. Dit was ook een van die groter dinge wat ek moes deurwerk, maar dalk ‘n topic vir ‘n ander post eerder.

Ek dink partykeer vergeet mens dat om voltyds tuis te wees met jou kinders nie net maklik is nie. Voordat ek begin dink het aan my kinders as ‘mensies’ wat moet ‘volwasse’ raak, en dit met my hulp – was dit aansienlik meer challenging gewees. Maar selfs nou nog is daar dae wat ek besonder oorweldig voel deur die enormiteit van die verantwoordelikheid. My kinders gaan eendag hul plek moet inneem in hierdie samelewing. My seuns gaan dalk eendag ‘n huishouding moet lei, ‘n man wees vir sy vrou en pa vir sy kinders. Gaan my toekomstige skoondogter vir my dankie sê vir die ‘job’ wat ek gedoen het? Of gaan sy permanent by die Here se voete moet sit om krag te kry om te kan deal met die onvolwassenheid van haar man, of sy onbetrokkenheid by sy kinders? Gaan my toekomstige skoonseuns opgesaal sit met ‘n vrou wat selfsugtig is, en nie haarself wil gee vir hom of haar kinders nie? Wat van toekomstige werkgewers? Gaan my kinders gesien word as ‘n aanwins vir die maatskappy, of een van die ‘millennials’ wat ons nou so baie van hoor, wat amper nul werksetiek het en in ‘n totale sense van entitlement leef? En mees belangrikste van als – Wat gaan God dink van my kinders? Gaan hulle Hom onvoorwaardelik volg? Al hul begeertes op die altaar neerlê sodat hulle in onmiddellike obedience gaan na waar HY hulle stuur? Gaan hulle kan staan in die aanslag van ‘n goddelose, spottende, ‘lawless’ wêreld, waar om vir Jesus as Meester te hê ‘outdated’ is, en op neergesien word, en waar die aanhang van die waarhede van die Bybel jou in die moderne wêreld in die tronk kan laat beland? Gaan my kinders een van die spotters wees, of knak onder pressure wanneer hulle gechallenge word oor hul belief-system? Of gaan my kinders kan sterk staan, weet wie en wat hulle is in God, Sy stem duidelik kan discern en met sekerheid weet wat die pad is wat hulle moet volg.

Die verantwoordelikheid is groot.

Kinders het egter ‘n amazing manier om somtyds al die lewe uit jou uit te suig. Van soggens vroeg tot saans laat op worst case scenario dae, is mens constantly besig om met immature selfish beings te werk (en ek sluit myself nie eers uit hier nie) – wat nie eers noodwendig altyd ‘redeneer’ nie – want kinders se goeie redenasie vermoë skop eers later in. Jy is ‘n konstante bemiddelaar van emosies wat hoog skiet. Jy is constantly besig om jou kinders te leer hoe om op ‘n beskaafde en respekvolle manier met mekaar, met jouself, en met ander te praat/ argumenteer/ saam te lewe. En dit raak ongelooflik challenging wanneer jy jouself bevind op ‘n plek waar dit wat jy moet aanspreek, nog nie eers iets is wat jyself behoorlik uitsorteer het in jou eie lewe nie.

Sommige dae het jy net ‘n koppie tee gemaak, jou jongste slaap, die ander speel rustig iewers, en jy dink by jouself, wag – laat ek gou net hierdie 2 minute vat om my ou teetjie te drink, en my gedagtes te ‘straighten’ terwyl alles so stil en rustig is. Nee wat – daai een is gewoonlik van korte duur, want jy het skaars jou koppie na jou lippe gebring of iemand skree iewers. En amazingly enough het kinders so ‘n manier om die huil daar diep agter in die keel te gaan kry – een van myne gooi sy koppie so effe agteroor, en maak sy mond werklik groot oop, en dis so ‘n huil klank wat uitkom wat so ‘n huil-kerm kombinasie is. Meeste ma’s sal kan getuig dat daar die seerkry huil is, en dan die fight of ek-kry-nie-my-sin-nie huil. En die laaste twee kan mens se vrede nogals vinnig kom shatter, en wanneer ek in ‘flesh-mode’ is summier die irritasie-levels laat klim.

Early days het ek saam geskree en gekerm en gemanifest en gewhatever – my emosionele volwassenheid het veel te wense oorgelaat en ek was ‘n terrible voorbeeld van hoe mens moet optree. Nou kry ek dit altyd reg om reg op te tree en ‘n uitstekende voorbeeld te wees vir my kinders. NOT! Haha – sorry – ek wens. Nee, in die Here se genade het ek wel al meer dae wat ek kan kalm bly as in die verlede, en actually optree soos die supposed volwassene wat ek is. Maar dit is geensins altyd maklik nie. Ek kan wel met totale oortuiging sê dat die Here in Sy genade baie werk gedoen het tot dusver in my lewe. Daar was dae wat as dit sleg gegaan het, ek in my kar wou klim en wegvlug en maak asof ek nie die kinders het, en die lewe het wat ek het nie. Nou kan ek nie onthou wanneer laas ek so gevoel het nie. His mercies are new every morning 😀

Terug by my motivering vir homeschooling.

Een van die eerste scriptures wat ek ervaar het in my hart vir ons, was in Kolossense:

Him (Christ) we proclaim, warning everyone and teaching everyone with all wisdom, that we may present everyone mature in Christ. For this I toil, struggling with all His energy that He powerfully works in me. (Col 1:28,29)

Daai ‘warning everyone’ in die original texts is admonish/ exhort. Strongs definineer dit as volg:

3560 nouthetéō (from 3563 /noús, “mind” and 5087 /títhēmi, “to place”) – properly, to place the mind, i.e. reasoning with someone by warning(admonishing) them.

3560 /nouthetéō (“admonish through instruction”) especially appeals to the mind, supplying doctrinal and spiritual substance (content). This “exerts positive pressure” on someone’s logic (reasoning), i.e. urging them to choose (turn to) God’s best.

 

Die ander skrif wat ek early on raakgelees het is die bekende een in Deuteronomium:

“Hear, O Israel: The Lord our God, the Lord is one. You shall love the Lord your God with all your heart and with all your soul and with all your might. And these words that I command you today shall be on your heart. You shall teach them diligently to your children, and shall talk of them when you sit in your house, and when you walk by the way, and when you lie down, and when you rise. You shall bind them as a sign on your hand, and they shall be as frontlets between your eyes. You shall write them on the doorposts of your house and on your gates. (Deut 6:4-9)

Kan ek die hoofmotivering sommer net so skryf gou-gou – ek kan nie sien hoe ek gehoorsaam kan wees aan die Here om die twee opdragte uit te voer, wanneer my kinders in die skool is en ek of tuis is, of voltyds werk nie. Ek dink baie keer aan hoe dinge sou wees indien ek nog gewerk het, en hoe dit was in daai twee jaar toe ek gewerk het en my kids dagsorg toe was. Soggens vroeg was ‘n gejaag en bakleiery by ons huis om almal uit die bed te kry en reg te kry vir die skool dag. Ons het gewoonlik so teen 07:30 die huis verlaat. Ek het my (destydse twee) gaan aflaai by hul verskillende dagsorg plekke, werk toe gegaan en dan my werk dag gedoen. Meeste kere het ek eers iewers tussen 4 en 5pm my kinders gaan haal.  Tuis gekom moes ek die dag se skool goedjies uitsorteer, kos maak, en dan kinders in die bed sit sodat hulle teen 7pm kon slaap. Naweke het ek somtyds gewerk, somtyds nie. My man het ook meer gewerk as nie. Dit het beteken effektief dat vir amper 9 ure van hul 12-uur dag, ek nie by hulle was nie, maar verantwoordelikheid vir hul versorging en vorming oorgegee het aan iemand anders. Die drie ure wat oor was, was nie kwaliteit tyd nie, maar tyd wat gedeel moes word tussen die twee (wat nou intussen gemultiply het), en ander ‘huis’ verantwoordelikhede.

Ek dink om kinders in die skool te hê is baie moeilik. Daar is soveel dinge wat mens moet ‘contend’ mee in die skamele uurtjies wat jy met jou kinders het; soveel false beliefsystems wat jy moet aanspreek en probeer uproot. Daar is natuurlik grace daarvoor ook – want die Here weet mos nie almal van ons gaan in ‘n posisie wees om te tuisonderrig nie (irrespective wat die challenge is oor hoekom jy dit nie wil doen nie), en ek glo as jy Hom dien, He will be there to lead you and guide you and empower you to do the best job you can.

Ok – so die bottom line vir my is dat ek voel ek meer tyd eerder as minder tyd met my kinders wil hê, if I am to instruct them in the ways of the Lord. Ons familie waardes word oorgedra wanneer ons tyd met mekaar spandeer. As 80 persent van my kind se tyd saam met ander spandeer word – wie se waardes gaan oorgedra word? Nie myne nie, dis verseker. Wat ek ook wil toevoeg wat van toepassing is tot ons situasie, beide ek en my man het ‘n neiging om mal-lang-ure te werk. Ons was nog nooit die familie wat 8-5 gewerk het nie. Skool sou nie die beste opsie wees vir ons kinders nie, want ek dink regtig hulle sou net te min van ons as ouers gehad het. En as ek die instruction in the ways of the Lord sou uitlaat, ervaar ek steeds die begeerte om meer van hulle te sien eerder as minder. Ons het net soveel jare met ons kinders. I really don’t want to give that time away.

‘n Ander rede hoekom ons tuisonderrig is omdat ek glo die skool sisteem ons (land se) kinders gefaal het. Ek dink regtig hoe dinge nou in die standaard publieke skool lyk (want truth be told, finansieel kan ons nie ons kinders na die beste privaat skool stuur nie), is dit nie die beste vir elke kind nie. Sommige kinders thrive in die skool setup, baie nie. Ek glo dat ‘n mamma wat op ‘n 1 tot 4 ratio, en baie dae op ‘n 1 tot 1 ratio met haar kinders werk, beter is as ‘n goeie juffrou wat op ‘n 1 tot 25 of 1 tot 35 ratio werk. Ek hoor dat baie kinders skool gaan, net om die hele middag en soms tot in die aand laat, te sit met huiswerk waarmee mamma in elkgeval moet help, omdat daar nie tyd is in ‘n skool se dag, om die werk te voltooi nie. Ek dink wel wat ek ook hier moet sê is dat daar wel gevalle is waar skool beter is vir kinders – nie eers itv die inhoud nie, maar omdat hulle in huishoudings is waar die ouers die kinders faal. Skool is somtyds ‘n safe-haven vir kinders wat uit huise kom waar daar neglect of abuse is (en dit sluit in die ouers wat ‘indifferent, overly indulgent of ignorant’ is van ‘n kind se behoeftes). Ek glo egter wel dat ons huishouding met al ons shortcomings en sinful failures as ouers, steeds ‘n goeie en gesonde en liefdevolle omgewing is vir ons kinders.

‘n Ander faktor wat hoog op my prioriteitslys lê is dat ek my kinders langer ‘kinders’ wil hou. Ek wil nie hê hulle moet so vinnig ‘groot’ word en so vroeg al blootgestel word aan goed wat hulle nog nie die volwassenheid het om te verwerk nie. Verder glo ek nie regtig dat kinders al op 6 reg is om skool toe te gaan nie. Kyk net na die hoeveelheid kindertjies wat grootoog en tranerig afgelaai moet word elke oggend. Studies het bewys dat die eerste 8 jaar van ‘n kind se lewe ‘n crucial tyd is waarin die kind affection en emosionele sekuriteit bo leervaardighede nodig het. Dis ‘n tydperk van voorbereiding vir die lewe waar die skool reëls noodwendig meer skade as goed doen, en die weg wees van ‘n mamma en pappa nie in die kind se ‘best interest’ is nie. Ek dink as mens jou kind moet skool toe stuur, wag tot hulle 9 jaar oud is. 😀

Een aangetroude familie-lid het destyds vir my gevra hoe my kinders ooit gaan kan funksioneer in die ‘regte wêreld’ as ek hulle nie wil laat skool toe gaan nie. Ek weet nie regtig hoe gereeld ons oor hierdie tipe stellings dink nie – maar hoe naby aan die ‘regte wereld’ is ‘n skool nou eintlik? Dis ‘n artificial setup vir een en kinders word verdeel volgens ouderdom. Waar in die regte wereld is mens ooit weer in so ‘n setup soos wat jy by die skool ervaar? My 4 close vriendinne is nie een dieselfde ouderdom as ek nie, en ons belangstellings en lewens-setups is nogals besonder verskillend. Ek dink ook aan hoe dinge by skool werk – in ‘n klaskamer waar maatjies bymekaar skaar, beteken dit my kinders se ‘hulp’ terwyl hulle moet ‘cope’ in ‘n potensieel moeilike omgewing, gaan kom van maatjies af wat net so onvolwasse is soos hulle, met net so min lewenservaring as hulle. Daai einste maatjies kom dalk uit huishoudings waar die waardestelsel waarvolgens hulle leef nie dieselfde is as dit wat ons aanhang nie. So weereens voel ek nie dat dit beter voorbereiding vir my kind(ers) gaan voorsien as wat ek tans tuis kan verskaf nie.

So ‘n tyd terug het iemand wat ek ken ‘n foto gepost van een of ander kindertjie, wat oppad is Graad 1 toe hierdie jaar, met ‘n byskriffie by wat iets gesê het tot die effek van ‘nou gaan ons begin leer!’. Toe ek dit sien al het ek gedink – maar wat het die kind dan nou die afgelope 6+ jaar gedoen? Niks geleer nie? Ons maak om een of ander rede die assumption dat ‘leer’ net in ‘n skool setup kan gebeur, en dis actually nie waar nie. Vrek – truth be told – ek het self ook jare terug so ‘n soortgelyke uitlating gemaak in een of ander setup wat ek nou nie meer kan onthou nie, waar ek ook speels gesê het dat dit tyd is vir my kinders om skool toe te gaan sodat hulle kan begin leer! Ai, my onkunde!

Ek kan daardie gedagte verder vat (want ek wil nie nou die argument deurvoer oor hoe en waar en wat kinders die beste leer nie) – maar wat ek vanoggend weereens besef is dit – dat om een of ander rede ek dit iewers in my gedagtes gehad het dat wat ek moet probeer doen is om my kinders ‘n ‘education’ te gee – soos by ‘n skool – maar nou net tuis.

Maar die waarheid is die volgende – I answer to God first and foremost. En ‘n ‘education’ soos wat in skole gegee word, is nie deur Hom ingestel nie, en ook nie nommer 1 op Sy prioriteitslys nie, en om te leer gebeur nie net in ‘n skool agter ‘n tafel met ‘n onderwyser wat voor goed af-parrot nie. God se prioriteitslys vermoed ek is relatief kort. Skool is nie bo-aan nie. Hy is.

Wat ek begin sien is dat ons geroep is om hierdie hele ding anders te doen. Tuisonderrig is meer as net skool by die huis. Dit is ‘n lewenstyl. Dit is ‘n kwessie (in ons geval) van om ons kinders te disciple, en te mentor, van hul baba dae af tot wanneer hulle reg is om die huis te verlaat. Vir my spesifiek is dit om God in elke oomblik van elke dag uit te leef, en uit te wys, en te partner met Hom vir Sy purposes. En daarvoor het ek meer eerder as minder tyd nodig met my kinders. Dis om kinders deel te maak van die huishouding, om day to day living die leerskool te maak, die plek waar ons onderrig, waar ons leer om konflik te hanteer, hoe om ander lief te he, hoe om God lief te he. Hier in ‘n regte huishouding met al die challenges wat daarbinne is, prepare ek my kinders vir ‘n lewe eendag, wanneer hulle moet uit stap en self oor die weg kom.

Wat ‘n amazing voorreg, en ook responsibility en opportunity is dit nie? Om ‘n pad te stap met iemand wat deur God se keuse in jou versorging geplaas word. My kinders gaan nie eers ‘mense’ word wanneer hulle groot word nie – hulle is reeds. Hulle is reeds ‘iemand’. Iemand wat gevorm moet word na God se beeld, gewys moet word hoe die lewe werk. Ek is nie hier om my kinders te ‘leer’ nie – nie soos ‘n juffrou en skoolkind tipe setup nie. Ek is hier om die pad saam met hulle te stap en hulle te disciple, en om leiding te verskaf soos en wanneer dit nodig is. Dat hulle educated moet word is ook nodig, dit is immers wat die wet vereis, maar in ons gesin het ons die oortuiging dat die metodes wat ons kan toepas wanneer ons tuisonderrig, beter is vir ons kinders.

Dis ‘n amazing journey wat vir ons elkeen voorlê. Seek first the kingdom of God. God has given us all things pertaining to life and godliness. God het vir elkeen ‘n tailor-made plan. Dis een wat ek kan in-bid en presies by Hom kan hoor hoe dit vir elke kind moet lyk. He made them, He knows the plans that He has for them. En ek dink deel van ons doel as ouers, en in my geval as homeschooling mom, is om saam met my kinders die pad te stap. En dit raak nogals tricky, want ek is ‘n broken messed up individual op my eie redemptive journey. En unfortunately maak ek baie keer die verkeerde keuses, en tree ek op uit my hurts en nie uit wat ek weet reg en die waarheid is nie. Maar soos ek nou hier sit ervaar ek die Here sê that His grace is enough.



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *