tuis en elders, vir mammas en vrouens

My Rots. My Rus.

My Rots. My Rus.

Volharding. Ek gaan nou nou by die definisie kom van daai een. Interessant genoeg, soveel jare terug, toe ek swanger was met my 2de kind, was ek vriende met ‘n amazing vrou van God. Een van daai wat mens net na kyk en wonder – hoe op aarde – en dan ook nie verder nie, want woorde ontbreek. Maar dis nou nie die kant toe of daai kant toe nie – is net dat sy in daardie tyd gesê het ek moet die boek ‘Training for Reigning’ gaan lees, want sy het gevoel dit was van toepassing op my lewe. So het ek nou nog nie so ver gekom om die ding ‘weer’ ‘n keer te lees nie – so dit is op my ewigdurende laaaang to-do list – maar ek onthou dele daarvan. Sy het ook ‘n persent vir my seuntjie gegee, en dit was ‘n wonderlike dik kombers. Sy het net gevoel die Here sê ‘sleep’, maar sy het nie toe kans gehad om werklik te dink oor wat God probeer sê nie, en die tyd wat sy gehad het om te bid daaroor het nie veel lig gewerp nie – so toe koop sy die kombers. Weereens – dis nie hierdie kant toe of daardie kant toe nie – maar interessant genoeg vandat ek swanger was met daai einste seun het my slaap heeltemal gestop. So is dit al sewe jaar later, en ek slaap nog nie. Wanneer ek swanger is, slaap ek nie, want ek moet alewig opstaan in die nag om badkamer toe te gaan. Wanneer ek borsvoed slaap ek nie, want my kindertjies was almal fris met geboorte en het van meet af gesuip soos kalfies (mag ek dit sê?), en twee tot drie-uurliks gedrink. En toe, toe die drinkery meer decent begin raak en drop na so 3 keer ‘n nag – wel – dan was daar altyd iemand wat wakker is. So is dit dan ook dat in die laaste sewe jaar ek twee geleenthede kan onthou waar ek 5 ure straight ingekry het. Die res van die tyd het ek gewoonlik net so 5 tot 6 ure slaap tyd tot my beskikking, en dan raak ek in die nag enige iets tussen 3 en 5 kere wakker. (Op ‘n stadium het ek tot 9 keer in ‘n 5 uur periode wakker geword as gevolg van die 4 kinders, myself en my man. Malligheid.)

So in hierdie toestand van sleep deprivation is my nerwes nogals rou meeste van die tyd. My lont is relatief kort. En my brein besonder voos. Sit saam met dit al die ander challenges wat ook maar elke dag ‘n draai maak, en skielik voel ek rediculously inadequate om enige dag te kan deur sien, let alone, iets uit rig in daardie dag. Dit is dan ook net so dat hierdie set of circumstances prime fertilizer is vir die vyand om my aan te vat op al wat ‘n area is in my lewe. Jy weet, daar is nie ‘n area waar ek nie inadequate voel, of voel asof ek net nie die mas kan opkom nie. Van my rol as vrou, (en daar verwys ek nie eers na vrou vir my man nie – sommer net vrou soos in ‘n vrou); tot die as ma; of whatever die rol is waarin ek moet klim. Ag almal skiet sommer tekort.

Ek beleef ‘n dag soos vandag, waar selfs al het ek die naweek elke hoekie en gaatjie skoon gemaak, dit vandag lyk asof hier maande laas iemand was. Selfs al het ek ‘ritme’ bepaal in ons huis, lyk dit asof elkeen sy eie liedjie opmaak soos hy aangaan. Selfs al het ons al ‘n paar take aan elkeen assign, lyk dit asof almal al vergeet het hulle het ook verantwoordelikhede. Die bietjies somme wat ons al gedoen het die jaar, lyk asof dit oornag in Grieks verander het, en nou in ‘n taal is wat net die hemele kan verstaan. Lees is ‘n beslommernis, en so ook gaaf wees met die res van die mense wat in die huis bly. Die een hond is al weer te maer en die ander een het al weer gewig op getel. Intussen vergeet ek elke ander maaltyd van die eekhoring wat moet kos kry, en wonder ek so heimlik of die Here maar intussen ingegryp het, want die oukie leef nog, maar ek is seker hy moes eintlik al lankal vrek gewees het (ok, nie regtig so erg nie, maar dit voel omtrent so!)

Tenspyte van al ons planne, lyk alles nog net soos dit gelyk het voor ons die planne in plek probeer stel het. En dan wonder ek! What gives? En elke fibre van my being wil penorent spring en die hemele aanspreek en die magte aanspreek wat nou durf weer ons apple cart hier probeer omver gooi. En ek wil my swaard uitpluk en veg, maar dan besef ek, ek is eintlik nogals moeg, en behalwe vir dit weet ek in elkgeval nie regtig wat ek doen nie. Daar was ‘n tyd wat ek gedink het ek weet –  maar intussen het ek begin dink ek weet nie. Of dalk besef ek weet nie. Maybe is dit deel van die vyand se plan.. of maybe is daar iets hier agter. Want die ding is, vandat ek begin besef het ek is eintlik nogals clueless, is dit asof daar ‘n las van my skouers begin af val het. Ek voel ligter. Behalwe wanneer ek die ding weer ophaal en aantrek soos ‘n mantel. Nou ja – wat kan ek sê – old habits die hard.

Miskien hou dit verband met hierdie ding van skape en herders en dinge – dis iets wat ek dalk al genoem het in een van die blog entries dink ek – maar ek is nogals baie seker die Here probeer hierdie harde kop van my bietjies sag maak, en werk in dele van my wat vir lank dormant gestaan het.

Ek het so ‘n tyd terug weereens besef dat intimacy nie gebou kan word sonder trust nie. En truth be told, ek dink nie ek trust mense so baie nie en ek dink ook nie ek trust die Here so baie nie. Dit is maar so dat vandat ek kan onthou ek self goed moes uitsort en uitfigure. Somtyds was dit omdat dit nie anders kon nie, ander kere was dit omdat die rebellie in my hart gemaak het dat ek nie anders wou nie. My omstandighede is steeds so dat daar baie geleenthede steeds geskep word waar ek self moet regkom, self uitfigure, self sterk staan of watookal. En soos ek al voorheen genoem het, waar dit my op ‘n stadium gevang het, het ek intussen begin rejoice in hierdie opportunities, want dit is die einste kere waar daar geleentheid gegee word om te kan draai na die Here. My oortuiging op hierdie oomblik in tyd is wel dat die Here my wil probeer leer om Hom te vertrou. Eerder as ander. En eerder as myself.

Sien, ‘n skapie vertrou nie op homself nie. Hy vertrou nie eers op die res van die trop nie. Hy vertrou die Herder. Hy volg die Herder. Hy luister na die Herder se stem en hy volg hom, wherever, whenever. Dis nie soos ons skape van vandag se tyd wat met honde en dinge aangejaag word nie. Die skape van ouds het gevolg, nie vooruit gehardloop nie.

In die oosterse lande loop die skape steeds nie voor die wagters uit nie. Die herder loop voor en sy skape kom agter hom aan. Soms is hulle ‘n paar wagters en is die skape in die trop gemeng. Maar wanneer dit huistoegaan tyd is, roep elke wagter sy skape, en hulle volg sy stem en loop agter hom aan na die kraal. Wat ons ook nie ken nie, is hoe die skape saans saam in ‘n kraal gesit word, verskillende troppe gemeng. By die ingang van die kraal is ‘n deurwagter wat seker maak niemand probeer die skape in die nag steel nie. Maar die volgende oggend wanneer die skaapwagters kom, roep hulle die skape op hul eie manier, en net die skape van daardie trop sal uitkom. Wanneer die skape daar in die veld is, en ‘n wilde dier kom aan, is dit die herder se werk om daardie skaap te beskerm. Die skaap stormloop nie die wilde dier nie. Hy vertrou die Herder gaan die job kom doen. En of dit nou altyd so moet wees of nie, in hierdie seisoen wat ek myself tans bevind, is dit waar ek ervaar die Here my nou wil he. Op ‘n plek waar ek Hom leer ken as die Goeie Herder.

For thus says the Lord God: Behold, I, I myself will search for my sheep and will seek them out….I myself will be the shepherd of my sheep, and I myself will make them lie down, declares the Lord God. I will seek the lost, and I will bring back the strayed, and I will bind up the injured, and I will strengthen the weak… (Ezekiel 34, selected verses)

David het met soveel oortuiging kon sê

Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

Ek glo hierdie skrif is steeds vir elkeen van ons. Maar ek veronderstel veral vir die van ons wat al deur die jare geleer het om als vir onsself te doen, is dit somtyds nogals moeilik te oor te gee. Om terug te staan, en toe te laat dat iemand anders namens ons veg. Maar dit begin vir my voel asof, vir my at least, dit is wat nodig is.

Maar saam met dit kom hierdie hele ding van volharding ook ter sprake. So wat is volharding:

Volhard: Tot die einde toe volhou/ aanhou/ uithou; ten volle uitvoer; standvastig bly.

En kan ek nou maar net iets hier op die tafel sit:

Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het. (Hebreers 10:36)

Ek wonder of die Here in Sy goedheid ook nie steeds besig is om my daagliks te leer om te volhard nie. Om vas te byt en deur te druk as gevolg van waar my fokus is. Dit is alles op die einde van die dag ‘n keuse wat ek maak. Bly hou ek vas, bly glo ek, bly vertrou ek – of gee ek moed op en kripeer en sak weg en laat dinge maar net uitmekaar spat en val. En daar is seker kere waar ek so voel. En daar was al geleenthede waar ek gaan sit het, en gedink het, nou gaan ek nie weer opstaan nie. Maar somehow kom die Heilige Gees en soms direk, soms via ander mense, tel hy mens op, en vind ons die krag in Hom om weer voort te gaan.

Our purpose is to do His will.

En Sy wil is nie ‘n geheimenis nie. Dit is in die Woord vervat. Ek glo dit begin by ‘n willingness of the heart. En in my geval, ‘n bekentenis dat my hart ook nie so willing is as wat ek gehoop het dit sal wees nie.

En dan faith dat elke dag wanneer ek Hom vra, Hy Sy wil aan my gaan openbaar. En ek het werklik huidiglik ‘n oortuiging dat Sy will verband gaan hou met dit wat ek reeds doen. Juis omdat ek ‘n oortuiging het dat om tuis te wees met my kinders en hulle te onderrig, deel is van wat Hy van my gevra het. Ek veronderstel daar is mense wie die oomblik as hulle vir God sou vra ‘wat moet ek nou eintlik doen’ Hy iets radikaals anders gaan sê as wat hulle mee besig is – maar vir meeste van ons dink ek (en ek kan natuurlik verkeerd wees), begin dit presies hier waar ons nou is, en waarmee ons nou besig is.

En vir my beteken dit in die hier en nou om steeds te oefen om Hom te vertrou.

Ek kyk dus na my setup. En ek voel moeg. En ek voel asof ek dit nie regkry nie. En orals rondom my sien ek net nog en nog goed wat lyk of dit nie wil werk nie. En ek kyk na ander vrouens, ma’s, tuisskolers, en ek dink – ja nee, ek fail miserably. En ek wonder wat skiet kort? Is ek op die verkeerde pad? Doen ek wat ek nie veronderstel is om te doen nie? Moet ek goed in die gees aanvat en rebuke en veg?

En time and again bly voel ek die Here sê vir my – nee – rest in Me. Hy is die Herder. Die Goeie Herder. Wat Sy skape lei na groen weivelde. Wat ‘n tafel dek in die midde van hul vyande. En ek voel ek moet leer om die Here te vertrou om die fight te fight.

En hoe lyk dit dan nou ooit prakties? Vir my beteken dit ek sit, en ek raak stil, en ek praat in soveel woorde met God, en sê dat ek Hom vertrou met dit. Dat ek na Hom kyk vir rigting. Dat ek Hom vertrou om my vyande voor my uit te vee en rondom my plat te slaan. Dat ek nie nou fight nie. Dit beteken ek raak rou en eerlik met God en ek erken dat ek faal, en dat ek nie lus is nie, en dat ek moeg voel. Ek stop die pretensie. En ek stop die sterk-wees. En ek vertrou My God.

Die Here is my Rots en my bergvesting en my Redder.. God is my Rots by wie ek skuil. My skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug. My verlosser. (2 Sam 22:3)

En terwyl ek hierdie lesse elke dag leer, deel ek dit met my kinders. En ek vertel as ek sukkel en ek vertel hoe die Here my help. En ek vertel hoe Hy my daagliks leer om op Hom te vertrou. En dan hoop ek en ek glo, dat God dit als gebruik, en dat ek wel in Sy wil optree, en dat in dit alles my kinders ook gaan leer om die Here te vertrou, en ook gaan leer hoe om te wandel met hul God. En ek bid en ek hoop dat hulle nog vroeer, en nog vinniger die hele relationship ding gaan snap, en deursettingsvermoë gaan hê. En ek vertrou dat hulle gaan sien dat jaar in en jaar uit ons God getrou bly, en dat hulle gaan leer om te persevere.

My God het gesê ‘I will never leave you nor forsake you’ en daarom kan ek met confidence sê:

The Lord is my helper; I will not fear.

En ek begin nog ‘n nuwe dag met ‘n vaste vertroue dat my Heer Jesus, die Groot en Goeie Herder van die skape, deur die bloed van die ewige verbond, my equip met ‘everything good that I may do His will, working in me that which is pleasing in His sight, through Jesus Christ, to whom be glory forever and ever. Amen.’ En ek het ‘n fervent hoop dat terwyl ek Sy aangesig soek, terwyl ek soek om Sy wil te doen, als wat elke dag oor my pad kom, somehow deel uitmaak van my vorming en one way or another, Hom glorify. Mag ons daagliks ook onthou dat God ons Rots is, die Allerhoogste ons Redder. Die Een op wie ons kan vertrou.

Thanks be to God, who in Christ Jesus always leads us in triumphal procession, and through us spreads the fragrance of the knowledge of Him everywhere. (2 Cor 2:14)

Maranatha. Our Lord, come.



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *