tuis en elders, vir mammas en vrouens

My kwaai-mamma-sindroom

My kwaai-mamma-sindroom

Roy! Dit was die ou se naam! Flip. Kyk, ek kan nou nie meer die ‘ins’ en die ‘outs’ onthou nie. Dis so ‘n bietjies wasig – maar in my defense, ons praat hier van maklik 20 jaar terug, indien nie meer nie. Ek het in ‘n woonstel gebly daar in Bird Straat in Stellenbosch, en het ‘n girl en haar toddlertjie by my ingeneem om te woon in een van die woonstel se kamers, want sy het heenkome nodig gehad en probeer om te breek met ‘n ou lewenstyl. Deel van dié lewenstyl was Roy. ‘n Kalant. Ken jy die woord? Ons het dit nou die dag weer teegekom in Oliver Twist toe ek die boek vir my dogtertjie voorgelees het. Ek kan nou skielik nie onthou of ons die Afrikaanse weergawe gelees het, of die Engelse en vertaal het soos ons aangaan nie – maar kalant was die woord vir een van die ‘bad guys’ (verkry in die woordeboek, of dalk in die storie – wie weet). Die HAT praat van ‘n kalant as ‘n ‘sluwe skelm’. Nou ja – Roy was so een. Nie op die straight en narrow nie. Betrokke met dinge wat jy jou eie kinders van wil weghou. En die girl het ‘n interdik teen hom gehad. Ek moes hom ontmoet het in daai tyd, want ek het geweet hoe hy lyk. So is dit toe een nag dat ek wakker word en die man bo-op my vind.

Ek is al van klein tyd af een van daai wat as ek skrik, dan skree ek klip hard ‘Nee!!’ Ek slaan sommer ook. En my ma het baie maal vir my vertel as iemand my skielik wakker probeer maak het hulle maar moes koes want ek was geensins skaam om ‘n voet of ‘n elmboog of ‘n been derwaarts of herwaarts te stuur met die doel om afstand te skep tussen my en die een wat my slaap probeer versteur nie. Die hoop was natuurlik ook dat die brawe siel summier van plan sou moes verander en hul poging om my te wek van stapel moes stuur sodat ek eerder nog verder kon slaap.

Nou ja – Roy was toe nou op my. En ek skrik. En mens – ek spring op en ek begin daai man verskree en boks. My kamer was bo, en ek boender hom al skoppende, skreende, en boksende (kry mense sulke woorde?) trappe af, en toe sommer by die sitkamer deur uit. Hy is vort, en eers na hy weg is raak ek rustig genoeg om geskok te wees. Nodeloos om te sê is die girl toe nou ook maar weg, want deel van die ooreenkoms met haar om daar te bly was dat sy nie meer met die man kon connect nie, en sy was die een wat hom laat inkom het ook nog boonop. Dit was ‘n tough love tipe van scenario, waarby ek nie betrokke was nie, want ek het net die verblyf voorsien.

Fast forward so ‘n paar jaar, en ek en my man en twee of drie kinders bly in ons huidige huis (kan nou nie lekker onthou waar op die tydlyn hierdie een inpas nie). En so is dit dat een aand ek gaan slaap het terwyl my man nog in die buitekamer gesit en werk het. Iewers in die nag het hy ‘n uiltjie gaan knip op die bank wat daar binne was, so ek en die kinders is toe alleen in die huis. Ek word wakker van iets wat so ‘klik klik klik’ maak, en ‘n liggie wat skyn. En ek wonder so tussen droom en wakker wees wat my man nou met ‘n kers in die kamer maak. My siel en gees is darem toe al wakker genoeg om my brein te kick-start dat hierdie nou nie ‘n ‘normale’ situasie is nie, en ek word behoorlik wakker en gewaar jou wraggies nog ‘n vabond – hierdie toe nou so al halfmas teen die venster op, oppad om in te klim. Eks ook nie skaam nie, en spring op en gil op die man ‘Jou Vark!! Voertsek van my erf af!’ Daai tjomma spin om en jy sien net wit top en hoodie oor die muur verdwyn. Die Here in Sy genade help toe dat ek sukkel met die sleutels want toe kon ek nie die voordeur oopgesluit kry nie, want wil jy nou meer, ek was seriously van plan om die man agterna te sit! Good grief. Ek gil toe vir my man hier by die agterdeur uit om te kom help, maar hy slaap so diep, dit het hom ‘n goeie 5 minute gevat om te registreer daar is iets aan die gebeur. Teen daai tyd het ek toe finally die deur oop, en I kid you not – ek het in my kar gaan klim en deur die strate gery om te kyk of ek die ou kan sien iewers!! En wat dink jy sou ek met die man nou aangevang het as ek hom gewaar iewers?? Nee toemaar, ek weet ook nie. Genade voorwaar.

Joeg, nee kyk, ‘n paar kalenders later, en ek het beduidend ‘stiller’ geword in my aanslag. Ek het nie meer ‘n oortuiging dat ek sommer so sal op spring en ‘n aanvaller sal gaan regsien meer nie. Ek hoop verseker nie so nie, want vandag se ouens is aansienlik meer gevaarlik as wat ek al ooit teegekom het. Maar as ek skielik skrik is my immediate response steeds aggresief, en trek my gesig dadelik in ‘n kwaai plooi, en sê ek eerste ‘nee!’ voor ek my brein kan aktiveer. Dis my morro-refleks. (soortvan – ek weet die morro-refleks is nie soseer omdat babas ‘skrik’ nie, maar omdat hulle voel asof hulle val, of ten minste ‘n ‘loss of support’ ervaar. In elkgeval.. ek is seker julle verstaan wat ek bedoel).

Ek kry egter steeds nagtelike besoeke. Prys die Here dis nie vreemdelinge nie, maar die pyle in my pylekoker! (lees… ‘my kinders’). Die een kind het so ‘n manier om stil soos ‘n muis die kamer in te sluip. Gebukte lyfie en al. Ek registreer daai oukie al voor hy iets raaktrap of stamp, en is gewoonlik wakker nog voor hy die kant van my bed bereik. Hierdie einste een het sy pappa so moedeloos gehad, want toe ons jongste nog ‘n pap baba was en saam met my in die bed geslaap het, het my liefste man goedgunstiglik uitgeskuif en ‘n ander slaap plek gaan uitsoek (ek het ‘n awesome man) en dan soms het hierdie knapie gegaan na pappa toe, en dan tik tik tik hy pappa so teen die voorkop om hom wakker te maak. Hy het dit nou nog nie met my gedoen nie. My man is docile, en selfs wanneer so iets gebeur, frustreer dit hom immensely, maar gewoonlik verwek dit nie ‘n heftige reaksie nie. Ek staan verstom.

Die ander een kom so half ingestap, half ingehardloop gewoonlik, en sy praat/fluister sommer klip hard ‘mamma, ek kan nie slaap nie’. Ek slaap lig, maar om een of ander rede sal sy my 7 uit die 10 keer wakker moet maak. Ek dink dit is omdat die sluiper gewoonlik ‘n rukkie staan en ‘kyk’. Hy ‘sas’ die storie so ‘n bietjies uit voordat hy sy move maak, en my gees tel hom op nog voor hy in stap. Sy kom so vinnig in, dat voor my gees met my siel kon kommunikeer, is sy al by die kant van my bed.

Die derde een doen nie die moeite om uit die bed te klim nie. In sy begin dae het hy soos ‘n sirene afgegaan, en dit het nie eers effens geakkodeer met my gemoed nie. En die mannetjie het sommer vinnig besef as hy sy lewe lief het, hy ‘n dalk meer gematigde approach moet vat. So is dit dan nou dat hy nie meer sommer net looi van daar binne af nie, maar ‘n baie monotone ‘mammaaa’ van daar binne gee. Dit raak nooit harder nie. Altyd dieselfde volume. Altwee letter grepe dieselfde toonhoogte en duurte. En elke roep presies gespasieer na die vorige. En iewers registreer hierdie roep in my onder bewussyn en raak ek dan wakker. Wie weet hoe lank hy gewoonlik wag.

Jongste. Wel. Sy is immers nog ‘n baba, oftewel toddler. Sy huil soos hulle nog maar huil. Ek gee haar gewoonlik ‘n minuut. Ek is wakker wanneer die klank haar mond verlaat, so is heeltemal capable om binne sekondes by haar te wees, en is ook dan onmiddelik daar wanneer haar huil op so ‘n manier registreer in my binneste dat ek weet dis nie sommer net ‘n ‘so’ huil nie. Maar normaalweg tel ek tot 30, en gewoonlik switch sy na ‘calming-mode’ en begin haarself vorentoe en agtertoe ‘rock’ in haar camping-cot, en binne two-ticks is sy weer uit soos ‘n kers.

Ek love dit om te kan hoor wat in die huis aangaan. So dit was heerlik om so ‘n maand of wat terug finaal die laaste een uit te skuif na die communal kinder kamer. Waar hulle almal slaap. En om te kan vensters wyd oop gooi, en waaier afskakel sodat ek kan hoor wat aangaan. So ek is gewoonlik vinnig wakker, en dadelik by ‘n kind as daar nood is. As julle van my ander posts gelees het, kan julle dalk onthou ek het op ‘n stadium baie moes opstaan vir die kinders. En mapstieks, was ek darem nou vir jou knorrig! Goeiste, ek het gesukkel om gentle, meek and mild te wees. Ek’t sommer kwaad opgestaan! Ek het al so baie keer repent teenoor my kindertjies. ‘Jammer mamma is so kwaai wanneer ek moet opstaan vir jou in die nag’. ‘Jy mag my enige tyd roep, al lyk dit nie so nie’… *sug* Gelukkig skryf my kinders my nie so gou af nie. En ons het al gegroei. Ek is sagter as wat ek was aan die begin.

Maar ek staan steeds baie oggende kwaad op. En my reaksie wanneer dinge my onverwags vang is steeds ‘kwaai’ first en foremost. So ek moet deurlopend so tussendeur met die Here connect sodat Sy kalmte en rustigheid deur my kan vloei en my kan omskep en vernuwe.

Daar is dae soos vandag wat ek wil-wil op moedeloos se vlakte gaan sit. Ek is moeg vir kwaai wees. Ek sê vanoggend weer vir my man – vir wat staan ek altyd so kwaai op? So nou bepeins ek die storie so tussendeur en wonder hoe om hierdie ding aan te spreek. Want dit moet aangespreek word mense. My kinders copy my! My hart is om ‘n dissipel van Jesus te wees, en my missie op hierdie oomblik is om van my kinders ook dissipels te maak – en initially is hulle dissipels van my. En die laaste ding wat ek wil hê is dat hulle die bad-stuff in my lewe moet uitleef. Vrekkit, en is daar nou baie daarvan! Hoeditookalsy – een ding op ‘n slag! En daai kwaai ding is die einste ding wat ek nog ‘n doodskop wil gee.

Terwyl ek die kwessie so bepeins, kom ek toe nou tot die besef – dis stress man!! Stress? Wat’s dit? Dis daai ding wat kop uitsteek wanneer jy vergeet die Here is eintlik die een wat in beheer is, en al wat jy hoef te doen is om op Hom te vertrou. Dis wat gebeur wanneer jou vlees voor hardloop en jou gees agterna, en jou liggaam reageer omdat die vlees die voortou neem en dink hy moet als self doen, terwyl die gees eintlik weet daar is ‘n rus om in te tree in die teenwoordigheid van die Here. Dis die reaksie wat ek het wanneer ek na die groot prentjie kyk en die roete soontoe onmoontlik lyk, en die kinders raas, en my man is nie naderby nie, en ek voel so, so … alléén! Asof ek alles self moet dra. En in my geval kom hierdie ‘stress’ nou al ‘n paar jaar aan.

Ek was nou die ander dag by my (funksionele) GP – en ons het so bietjies oor my gesondheid gesels en dit en dat en die ander, en die bottom-line is my liggaam is in ‘n permanente stress-response vasgevang. Daar is simptome wat daarop toon, ons het toetse laat doen en dies meer, so dis pretty much for real. Nou wat ek verstaan oor wanneer mens se liggaam in stress is, dan reageer dit ook in ‘n fight or flight response – baie soos wanneer jy daai adrenaline rush kry wanneer jy skrik. En my skrik produseer kwaai, so ek het nou tot die gevolgtrekking gekom baie van my kwaai lê so vlak omdat my stress so diep lê en so nimmereindigend is! Ek weet natuurlik vir ‘n feit dis nie so eenvoudig soos net dit nie. Daar is natuurlik allerhande faktore wat inkom, soos my temperament, en my agtergrond, en my omstandighede en so meer. En ek is ook nou nie ‘n sielkundige of ‘n berader nie, so dis weliswaar moontlik dat iemand iewers gaan reken die klankie wat my storie afgee is nou wel nie so welriekend nie. Maar – ek gaan hardloop met hierdie stukkie wat ek dink die Here my nou laat hoor en sien het oor dit wat hier in ons huis aangaan. Want dis mos die hele punt van in ‘n verhouding met Hom wees. Jy volg soos jy verstaan en soos jy openbaring en ‘understanding’ kry.

[Ek glo die Here wys ons dinge net gedeeltelik – ‘n stukkie op ‘n slag – en soos ons die pad met Hom stap openbaar Hy nog dinge.]

Goed. So wat nou – vra ek dat die Here die stress moet wegvat?

Ek dink nie dis die beste plan nie! Hy sê in Sy woord ons gaan challenges hê.

James 1:2 Count it all joy, my brothers, when you meet trials of various kinds, for you know that the testing of your faith produces steadfastness. And let steadfastness have its full effect, that you may be perfect and complete, lacking in nothing.

Dis nie if we meet trials nie – maar when! Daai lyk vir my soos ‘n given. So hoekom bid ‘teen’ iets wat die Here baie pertinent sê oor jou pad gaan kom.

In my onkunde het ek altyd gedink al hierdie trials and tribulations verwys net na wanneer ons gepersecute word vir ons faith – i.e. wanneer unbelievers jou wil stenig omdat jy ‘n Jesus-volger is. Wel – intussen het ek begin reken die persecution is oor jou faith ja – maar dit kom in all shapes and sizes. Somtyds is daai persecution agv jou eie keuses, somtyds is dit life per se, maar die persecution is real, en wat ek weereens moet onthou is dat dit die doel het om jou patience en ‘n host van ander virtues te kweek (vanuit die Here se perspektief).

Hoe meer ek dink oor al die stress/ tribulation goeters, hoe meer merk ek weereens dat die vrug daarvan in my lewe nog maar goor lyk. En ek dog toe eers ek gaan nou ‘n studie maak van al die scriptures wat oor ‘anger’ gaan, en dit begin memoriseer (ek is hoopvol) en my kop flood daarmee. Maar terselfde tyd kom daai skrif in my hart op wat sê:

Such is the confidence that we have through Christ toward God. Not that we are sufficient in ourselves to claim anything as coming from us, but our sufficiency is from God, who has made us sufficient to be ministers of a new covenant, not of the letter but of the Spirit. For the letter kills, but the Spirit gives life. (2 Cor 3:4-6)

Ek glo nie ek kan myself van byvoorbeeld anger deliver deur net op die skrif te fokus wat oor anger gaan nie. En dis nie dat ek nie glo daar is ‘n plek vir die skrif en memorisering daarvan nie, maar die wette het ten doel om soos ‘n spieël ons sondes bloot te lê, en eerder as om die tool te word waarmee ons onsself probeer shape, ons te laat draai na die Een wat eintlik die oplossing het – die Here!

Ek gaan steeds dwell op die Woord – because faith comes by hearing – maar waarop ek wil fokus is eerder skrif soos hierdie:

Rejoice in hope, be patient in tribulation, be constant in prayer. (Rom 12:12)

Blessed is the man who remains steadfast under trial, for when he has stood the test he will receive the crown of life, which God has promised to those who love Him. (James 1:12)

Not only that, but we rejoice in our sufferings, knowing that suffering produces endurance, and endurance produces character, and character produces hope, and hope does not put us to shame, because God’s love has been poured into our hearts through the Holy Spirit who has been given to us. (Romans 5:3-5)

En wat nou van my kwaai mamma sindroom? Wel, vir daai een kan ek maar net sê dis in die Here se hande nou! As mens Romeine 5 van vers 20 af lees, deur tot Romeine 6 se einde, sal jy sien dat jy nie kan maak asof dit nou skielik ok is om te sondig nie. (en ja, ek dink my kwaai mamma sindroom is nie ok nie – so ek noem dit ‘n sindroom, maar ek weet dis maar net plain ou sonde. Lekker in die vlees jong.) Wat ek vir myself uit daai skrifgedeelte neem is dat terwyl ek gewillig is dat die Here in Sy genade my vrymaak, ek dood gaan in myself elke keer wanneer ek opstaan in die nag, of my wil neerlê vir Sy wil. I present myself to God as an instrument of righteousness. Hy maak skoon, maar ek is beskikbaar, en ek embrace elke trial en elke tribulation, en ek rejoice dat Hy die verandering bring wanneer ek gewillig is, maar op Sy tyd. Ek probeer nie myself verander nie. Ek sien in die spieël van die Woord dat die kwaad in my nie cool is nie, maar eerder as om dit self te probeer fix, of te pretend dis eintlik nie ‘n issue nie, erken ek dit vir wat dit is, en rejoice in elke oomblik wanneer ek myself aan Hom kan oorgee, en ek rejoice in elke opportunity, en ek proclaim Sy grootheid in elke geleentheid wat ek die vrugte pluk van my hoop wat nie in my is nie maar in Hom.

Dis die Here wat ons versterk en ‘enable’ om in vryheid te loop. En dit is God se wil dat my verlossing van Hom af kom en nie van myself nie. En in soveel ander fasette in my lewe sien ek hoe die Here die verlossing bewerkstellig wanneer ek dit nie in eie krag probeer doen nie – so hoekom dan nou nie ook met hierdie kwaai mamma sindroom wat ek soveel dae ervaar nie?

My God of hope fills me with all joy and peace in believing, so that by the power of His Holy Spirit I may abound in hope. Mag dit so vir elkeen van ons wees, in whatever die challenges is wat ons face, hetsy ekstern of intern.

Maranatha! Kom Koning Jesus 😀



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *