tuis en elders, vir mammas en vrouens

Wanneer Tuisonderrig (of watookal) jou roeping is

Wanneer Tuisonderrig (of watookal) jou roeping is

Nóg ‘n oggend waar ek so bietjies verbrou het met my kinders. Ag, dis nie asof ek nou eers meer kan onthou wat dit was wat vanoggend gebeur het nie. Dalk het ek op ‘n kind geskree. Of miskien was ek ongeduldig. Of miskien het hulle vasgesit en was die karakter wat ek sien blom het meer stinkblom (dink corpse lily) as ‘n lieflike roos. En as jy hier was, sou jy dalk gedink het dat daardie stinkblom nie net verteenwoordigend was van my kinders se attitude nie, maar heel moontlik my eie ook. Dit was ook grotendeels hoekom ek in my kamer ingestap het en so fluisterend vir myself gesê het: ‘Ek’s g’n niks hiervoor geroep nie’. En sommer so dadelik kom die gedagte in my op – ‘Hoekom? Omdat dit moeilik is?’ G’n nêrens sê dit dis easy-peasy-lemon-squeezy nie. Jou roeping. Die lewe. Homeschooling. Ma wees. Whatever! In fact, as dit werklik jou roeping is, is die kanse bitter groot dat dit near impossible is vir jou om die job af te pull – weet jy hoekom? Because God will not give His glory to another. As jy in jou human abilities more than qualified is om die job te doen, dan is dit nie jou ‘roeping’ nie. Dit is dalk wat jy nou moét doen, en dit is dalk waar jy moét wees in die hier en nou, maar ek wil my verstout om te sê dat dit nie jou roeping is nie. En daarmee bedoel ek nie dat jy ‘n failure moet wees om in jou roeping te stap nie, ek bedoel eerder dit beteken net dat jy voor jou heilige siel weet dat as die Here nie in dit (watookal jy nou doen) is nie, dinge nie gaan uitwerk soos dit moet nie. (En kyk, voor ek met ‘n geweer geskiet word hier, daar is regtig nog baie om te sê en uit te brei oor hierdie een paragraaf, oor die topic van ‘n mens se roeping en die Gifts van die Here, en dependency op Hom – maar dit gebeur nie in vandag se blog nie, so please bear with me – eat the meat, spit out the bones kind of thing).

Ek’t groot geword met die idee dat ‘n roeping daardie ding is wat beskore is vir die Sendelinge. Of die Dominees. Later toe ek in meer charismatiese kringe beweeg het, het Pastore, Bybelskool teachers en church planters op die lys gekom. Ook die Billy Grahams van die wêreld. Mense in ‘n voltydse bediening. Dis die mense wat geroep is. Mense met ‘n calling. En dag in en dag uit het ek gewonder wat op dees aarde my roeping was. Daar was baie male wat ek gereken het dat ek dalk nie eers een het nie. Of dit dalk lankal gemis het. Of as gevolg van my lewenskeuses myself diskwalifiseer het van watookal die Here my voor geroep het. Maar dit het nie in my hart gekom dat hier waar ek vandag en nou sit, my roeping kon wees nie. ‘n Huisvrou en ma wat haar kinders tuisonderrig. Not a chance.

My man spot my al van toeka se dae, want nog altyd het ek hierdie ding gehad. Hierdie bee in my bonnet. Wat is my purpose? Wat is my calling? Hoekom het God my gemaak? “Vrou” – sal hy dan sê -“wat maak dit ooit saak!?” Maar dit maak saak! – want in my mening is die enigste ding in ons lewens wat ewigheidswaarde het, die dinge wat die Here inisieer het. God se planne. Nie ons s’n nie. Die dinge waarvoor Hy jou geskep het, en jou geroep het. En as mens rond ploeter op plekke waar die Here nie is nie, dan is jy actually besig om tyd te mors. En die enigste een wat vir jou kan sê waarvoor jy geroep is – is die Here. Want Hy het jou gemaak. Ek het ook ‘n vaste oortuiging dat elkeen se calling so uniek is soos die persoon wat geskep is. Not only are you the right person for the job – you are the only person for the job.

Nou ja, dit was belangrik vir my om te besef. Want ek hét nog die heeltyd gedink Tuisonderrig is die beste vir my kids. Vir ‘n verskeidenheid redes. Ek’t wel die heeltyd nog getwyfel of ek die een is wat dit moet doen. En solank as wat ek gedink het ek is nié die regte persoon vir die job nie, en gedink het ek is veronderstel om iets anders te doen as wat ek tans mee besig is, so lank het dit ‘n ‘barrier’ gebly in elke dag en my fokus geheel en al kom steel. En al die chaos, en elke ding wat ek gedink het ek nie regkry nie, het ‘n lat geword waarmee ek myself geslaan het. In elke oomblik van elke dag het ek heeltyd in limbo gesit, en kon ek myself net nie aan die gang kry nie. En dan bid ek, en ek vra vir wysheid, maar ek verwag nie vir ‘n oomblik dat die Here actually vir my ‘n antwoord gaan gee nie. Want ek het gereken ek is nie eintlik waar ek moet wees nie.

Al die confusion wat ek toegelaat het! Asem in. Asem uit. Dis tyd vir die waarheid om te settle in my, en dalk jou hart. You were called for this.

Therefore do not be ashamed of the testimony of our Lord, nor of me His prisoner, but share with me in the sufferings for the gospel according to the power of God, who has saved us and called us with a holy callingnot according to our works, but according to His own purpose and grace which was given to us in Christ Jesus before time began.. (2 Timothy 1:8-9)

Kyk, ek chat mos nou maar so deurlopend met die Here – soos my dag aangaan. En ja, partykeer gaan daar ‘n paar ure verby voor ek weer onthou ons was aan die gesels – dis iets wat mens moet oefen, die deurlopende gesprekvoering. At least, ek glo so – ek dink nie die habit van continual non-stop prayer (aka gesprekke met God) gebeur sommer net vanself nie. The flesh is at enmity with God – ek glo mens disiplineer dit in jou in. In elkgeval. Vanoggend toe ek gym toe gaan begin ek te gesels, en dink en wonder. En so ‘n kort wyle terug terwyl ek die water oor my Earl Grey gooi, besef ek meteens – it is a means to an end! Die Homeschooling!

Backtrack Nellita – waarvan praat jy nou?

Ek het een keer na ‘n ding van Derek Prince geluister en hy het gepraat van means en ends en die vrek weet, dit was Grieks vir my. Konnie kop of stert uitmaak wat hy probeer sê nie, so toe begrawe ek dit maar net so vlakkies in my gedagtes onder ‘n hopie distraction. Voorwaar, vanoggend drop die pennie! Die ‘end’ is my roeping! Dis die goed wat God vir my gewys het die purpose is waarvoor Hy my geskep het. Dit is onder andere Discipling en in die huidige stand van sake, die discipling van my kinders. Die ‘means’ is Tuisonderrig. Dis die voertuig waarmee ek ry om by my bestemming uit te kom. Enige een van die twee, as ek dit oor-dink, of probeer uitfigure, besef ek, ek is shot. Daar is nie veel om te gee hier nie hoor. Maar! Dis waar die glorie inkom! Dis nie my ability of skill set wat required is nie. Dis Sy Grace. En Sy grace/genade begin eers wanneer ek aan die einde van myself gekom het. So lank as wat ek dink ek is capable, of selfs wanneer ek nog my doods-stuipe gee, of selfs vasklou met my vingerpunte, is ek in my eie strength en nie in Sy grace nie.

Let.Go. It is the only way.

Ek kan nie vir jou sê hoeveel keer ek al gedink het dinge sou makliker wees as ek net ‘n opgeleide juffrou was nie.  Nou eerstens, die mense wat nou al lank hierdie paadjie stap gaan vinnig kan bevestig dat dit eintlik moeiliker is om te tuisonderrig wanneer jy ‘n juffrou was, as wanneer nie. Want mens is nogals besonder geindoktroneer en in die ‘system’ wanneer jy vir daai een geswot het. En ek hoor hulle. En ek weet hulle is reg. Maar ek kan definitief soos ek nou hier sit erken dat ek nogals partykeer stupid voel, en heeltemal ‘stumped’ oor die hoe agter die hele ding. Dis ook nie altyd eers net die Tuisonderrig nie (lees parenting… what can I say…menige dae dink ek nie eers ‘n handboek sou help nie.)

Een van die goed waarvan ek nog moet ontslae raak, is die denkwyse dat Tuisonderrig gelykstaande is aan akademie. Hoe het iemand eendag gesê? Dis tyd dat die kind nou begin skool toe gaan sodat sy kan begin leer! Nou ja – ek is seker die mense wat so sê is meeste van die tyd opreg – het ons almal dit nie ook op ‘n stadium geglo nie? Maar ons weet nou al ook dat dit tot ‘n groot mate ‘ignorance’ is wat maak dat mense vasklou aan daardie gedagte. Tog weet ek ook dat 12-15 jaar se ‘in die system wees’ daardie juiste ding nogals vas gemessel het. Dis soos fietsry – jy leer ry, en dan whenever jy stop en later weer probeer, is dit asof jou spiere vanself onthou hoe om dit te doen. Dis ‘n muscle memory wat inskop (of moet ek eerder sê vasskop in die geval van ‘schooling’). En dit skop maar lekker hier party dae.

In all honesty – hierdie system mentality, hierdie denkwyse dat ek beter af sou wees as ek maar net ‘n juffrou was (of at least die opleiding gehad het) – is een van die juiste dinge wat die strik was waarin ek getrap het, en wat veroorsaak het dat ek nie verder kon kyk as die ‘hoe’ van dit als nie. Dit is wat verhoed het dat ek kon sien dat hierdie journey deel is van my roeping, dat die homeschooling die means is, en meeste van als, dat in my geval dit juis die Here se voorsiening was dat ek nie daardie agtergrond gehad het nie, omdat dit ‘n groter stumbling block vir my sou bring en dit nog moeiliker (if not impossible) sou maak om uit te step en in die Genade van die Here te begin beweeg, terwyl ek my roeping uitleef.

Want om jou roeping uit te leef hang nie af van jou ‘education’ nie, ook nie van jou ‘ability’ nie. Jou past failures is ook nie van toepassing nie. Jou roeping is nie ‘according to our works’ nie. En dis goeie nuus vir my en ook vir elke ander persoon wat in hul roeping begin loop! Want daar is niks in my lewe wat my kwalifiseer vir dit wat ek glo die Here my voor geroep het nie.

Hierdie hele ding van ‘n roeping is egter ook besonder ontnugterend. Want wat God my voor geroep het, het Hy niemand anders voor geroep nie. So waar die Here my wil gebruik in my kinders se lewens, is die realiteit dat as ek besluit ek is nie goed genoeg nie, of ek kan dit nie doen nie, of ek is nie die regte persoon vir die job nie – dan gaan daai ding wat God wou doen, nie gaan gebeur nie. Kan jy begin sien hoekom die vyand op so ‘n missie is om ons te laat dink ons kan nie ons eie kinders tuisonderrig nie? Of hoekom hy jou sou probeer wegtrek van watookal jy geroep is voor? Ek sê weer – die Here het nie ‘n backup plan vir jou nie. You are it. So die verantwoordelikheid is groot. Maar God se grace is groter.

Ken jy Romeine 8:28? “And we know that all things work together for good to those who love God, to those who are the called according to His purpose.” Die twee dinge (all things working together for good en called according to His purpose) is verbind. Dis eers wanneer ons ons roeping begin uitleef dat ons kan claim lê op daai vers. Maar dis die punt vir vandag! Want as ek in my roeping is, dan weet ek die Here gaan als ten goede laat meewerk. Dis nie jou verantwoordelikheid om dinge te maak werk nie. Wanneer jy jouself oorgee aan die Here om ten volle in jou roeping te mag stap, dan gaan die eienaarskap oor na die Here, en dan neem Hy verantwoorderlikheid daarvoor om dinge ‘ten goede te laat meewerk’. Mag ons oë oopgaan vir wat God in ons lewens wil vermag, en ook vir ons kinders en die met wie ons in aanraking kom. Jy kan geroep wees om ‘n ma te wees. Jy kan geroep wees om te tuisonderrig. ‘n Roeping is nie net ‘n dramatiese ‘gaan na die uithoeke van die aarde’ nie. Dit kan wees net daar waar jy is. Maar dit verander dinge dramaties wanneer jy besef dit is ‘n roeping, en nie net nog ‘n boring of challenging faset van jou lewe wat jy wens kan verby gaan nie.

Kyk bietjie hier:

Do you not know that in a race all the runners run, but only one receives the prize? So run that you may obtain it. Every athlete exercises self-control in all things. They do it to receive a perishable wreath, but we an imperishable. So I do not run aimlessly, I do not box as one beating the air. But I discipline my body and keep it under control, lest after preaching to others I myself should be disqualified. (1 Corinthians 9:24-27)

In ‘n sekulêre setup – wanneer ‘n atleet voorberei vir die Olimpiese spele, of ‘n Danser besluit sy wil verder by die Juilliard School of Dance studeer/dans, of ‘n Gimnas besluit dit is ‘n lewensmissie om Olimpiese standaard te wees – dan maak daardie persoon seker dat alles wat hulle doen gaan hulle in staat stel om daardie goal wat hulle gestel het, te bereik. So wat hulle eet, wat hulle drink, waaraan hulle tyd spandeer – dit als word bepaal deur wat die goal is wat hulle wil bereik.

Hoeveel te meer behoort ons nie ons lewens te ‘streamline’ volgens dit wat ons besef ons roeping is nie? Hoeveel tyd het ek nie al vermors deur dinge te pursue wat nie deel is van wat God my voor geroep het nie? Hoeveel beter kan ek nie gebruik word wanneer ek my tyd gee aan dit wat deel vorm van my roeping nie? Die vraag wat ek myself begin vra is dit – is waarmee ek nou besig is, tot die bevordering van my roeping, of nie? Am I blowing it? Is ek besig om besluite te neem wat my in staat stel om my roeping uit te leef, of dit juis bemoeilik? Maak my oë oop Here om te sien!

Case in point – in my huis is daar baie stuff. Junk. Boeke. Stukkende goed. Goeie goed, nuttige goed. Whatever. ‘n Groot gedeelte van my dag word spandeer om hierdie goed te probeer netjies hou. Vandat ek kan onthou was dit deel van my lewe om skoon te maak, netjies te maak en orde te probeer bring. So ‘n wyle terug het (ek glo) die Here my begin wys watter groot distraction dit is vir my soverre my calling aangaan – my roeping om my kinders op te rig, te disciple, te tuisonderrig. Want ek is so gefrustreerd in my huis setup, met al hierdie goed, dat ek actually nie kan fokus op my kinders soos ek moet nie. Dat ek nie genoegsame tyd het om voor te berei, te bid, of saam met hulle te wees nie. Want ek is altyd besig om reg te trek, netjies te maak, skoon te maak. So die afgelope paar weke nou was ek op ‘n missie om uit te gooi en uit te dun. En ek is amper daar. Goed waaraan ek vasgeklou het vir jare kon ek finally sien is ‘n meulsteen, ‘n ketting wat ek saamsleep en wat my bewegings swaarmaak. Dit het kom steel van my, en indirek van my kinders. In gesprek met die Here het ek op ‘n tydlyn besluit, en dit is die tyd wat ek glo ek gegun word om nie uit te sorteer nie, maar weg te gooi. En elke oggend wat ek tyd daaraan spandeer, bid ek vooraf en vra die Here om my te help, sodat ek nie langer aan goed vasklou nie, maar werklikwaar kan ontslae raak van dit wat my aandag aftrek.

Ek het ook begin sien hoe dinge soos die Internet en my smartphone, distractions was. So daar het ek begin uitsny, en wegneem. My nuutste is om in die oggend nadat ek opgestaan het my selfoon op ‘n rakkie hoog bo te sit, en ek is tans besig om te oefen om nie weer die ding op te tel voor ons iewers gaan nie. Maar dis nog ‘n work in progress, want dit is ‘n habit wat gebreek moet word (om nie eers te praat van die ander komponente wat ook betrokke is nie. (Digital Cocaine is ‘n ongelooflike bron van informasie oor die digitale age en die negatiewe side-effects daarvan).

Die punt is net – wanneer jy begin besef wat jou roeping is, kan mens nie anders as om ontslae te raak van die dinge wat in die pad daarvan staan nie. Die call is te groot om dit sommer net te los en aan te gaan soos mens altyd het. Jou calling gaan boundaries in plek stel. As jy geroep is om jou kinders te tuisonderrig, en jy begin sien wat dit presies behels, dan is al die ander ekstra goed wat jou aandag kon af trek net mooi dit – goed wat jou aandag aftrek. Let go. Simplify. Fokus op dit wat belangrik is en draai jou rug op die goed wat jou weg trek.

Ek glo dit verg dat mens oogklappe aansit, en jou ore toe hou vir praatjies wat in ‘n rigting is contrary tot dit waarheen jy oppad is, ten minste totdat jy gevestig is in dit wat God jou voor geroep het. Vir my beteken dit byvoorbeeld tans dat ek glad nie eers engage in gesprekke oor of tuisonderrig die beste is vir my kinders al dan nie. Wanneer mense gesprekke inisieer ‘smile and wave’ ek net, maar ek engage nie. Want ek weet in my hart wat die stand van sake is uit die Here se perspektief, en terwyl ek nog in hierdie belangrike ‘settling phase’ is, terwyl ek nog clarity kry oor presies wat my roeping behels en hoe dit uitgeleef word in die Tuisonderrig omgewing, wil ek nie buite invloede toelaat nie. Daardie goed het so ‘n manier om mens te laat twyfel, te laat wonder of dit die regte ding is wat jy nou aangepak het, of jy wel die een is vir die job of nie.

So wat is die bottomline vir my oor dit alles? Eerstens om te besef dat net omdat dinge party dae, of baie dae, moeilik is – dit nie beteken dis nie my roeping nie. Terwyl my en my kinders se karakter gebou word, en dit soms lyk asof die wiele afkom, is dit nie ‘n indikasie van dat ons op die verkeerde plek is nie. Wanneer ek clarity het oor wat my roeping is, is dit duideliker om te kan sien wanneer die goed in ons lewens deel vorm van die vorming of wanneer dit distractions is. Tweedens, wat vir my belangrik is in die hier en nou is om te oefen om my oë gerig te hou op Jesus. The author and finisher of my faith. Die Heilige Gees is die Een wat my lei en ek weet dat maturity kom wanneer ek gelei word deur die Gees van God. (As many as are led by the Spirit of God, they are the sons of God. Romans 8:14) So daagliks is my gebed dat ek ore sal hê wat kan hoor, en oë wat kan sien, en ‘n hart wat in obedience sal stap. Derdens weet ek ook dat my roeping ‘heilig’ is. You were called with a holy calling. En die Here is die Een wat commit het om daardie heiligmaking tot die einde deur te sien. Our God is a faithful God. Sy arm is nie te kort om te help nie. He who calls you is faithful; He will surely do it. Asem in. Asem uit. You were called for this.

Die slotsom? Plaas jou vertroue in God. Dis nie jou abilities, of jou skill set, of jou qualifications nie. It’s all on Him dear. Jy mag rus in die Here, want hierdie journey is nie jou eie nie. Dis een wat die Here uitgesit het vir jou om in te stap, and He is the one Who will make a way where there is no way.

Mag ons die Here se seën in oorvloed hierdie week ervaar. Sy teenwoordigheid sterker as ooit tevore. Met oë wat sien en ore wat hoor. Gewillig om elke ding wat ons so swaar laai neer te lê sodat ons die pad kan stap wat Hy ons voor geroep het. Mag ons rus in ons roeping, knowing that He who calls us is faithful, He is the one who will do it.

Maranatha.

 



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *