tuis en elders, vir mammas en vrouens

Opvoeding of Onderwys. Wat is dit nou eintlik en wat moet ek doen?

Opvoeding of Onderwys. Wat is dit nou eintlik en wat moet ek doen?

Weet jy wat is een van my groot bekommernisse met betrekking tot Tuisonderrig?

Gaan ek my kind genoegsame opvoeding kan gee?

In Suid Afrika het elke kind ‘n Reg tot Basiese Onderwys – ‘n reg wat vervat is in ons Grondwet. Ons weet dat die Grondwet “die hoogste reg van die Republiek (is); enige regsvoorskrif of optrede daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die verpligtinge daardeur opgelê, moet nagekom word” – dws. dis die belangrikste of hoogste wet in die land en geen ander wet kan teenstrydig daarmee wees nie, en die regering mag ook niks doen wat dit skend nie. Nodeloos om te sê moet dit wat ons doen ook nie teenstrydig wees met wat vervat is daarin nie. 

Die Handves van Regte spesifiseer nie wat basiese onderwys is nie – maar die regering se huidige beleid is dat dit basiese onderwysopleiding is tot en met Graad 9 (outydse Standerd 7).  (Laat ek myself ook net vinnig hier onderbreek – ek weet daar is ‘n klomp goed aan die gebeur tans – mbt die BELA Bill, en die omstrede beleid wat gepromulgeer is alvoerens die Wet verander het – maar as ek die storie reg verstaan is die goed nog nie afdwingbaar nie, en daarom sal jy in hierdie blog-entry vind dat ek gesels rondom hoe dinge tans nog daar uitsien, en nie met verwysing na die veranderinge wat gaan intree wanneer die wetgewing (indien wel) in plek val nie.)

So – In my soeke na om te doen wat reg is, is my eerste vraag ‘wat is onderwys’? As dit net is om elke dag ‘n CAPS curriculum deur te draf met my kind, waar ek ‘juffrou’ is, en my kind ‘skolier’ – wonder ek onmiddelik – hoekom dan my kind uit die skool haal? Veral as daar nie ander ‘probleme’ is nie. So hier begin ek dan vandag…

Wat is Onderwys en wat beteken dit dat my kind ‘n reg het daartoe? 

Volgens die Pestalozzi Trust se webtuiste, is die heel eerste ding wat ons moet besef, en wat ek nooit regtig het nie, dat die Reg tot Basiese Onderwys nie beteken dat die Staat voorskriftelik mag wees oor wat Onderwys beteken nie. DWS – ek is nie veronderstel om onderwerp te word aan wat die Staat se idee van onderwys is nie. Inteendeel – hierdie reg beteken dat elkeen die reg het om te kies of hy of sy onderwys wil ontvang, hoe dit moet lykwanneer dit moet gebeurwaar dit moet gebeur, wie die onderwysgewer moet wees en laastens, hoe lank daardie tydperk van onderwys moet wees. Nodeloos om te sê is kinders nog nie in staat om hierdie besluite self te kan uitoefen nie, en is dit ons verantwoordelikheid as ouers om dit namens hulle te doen. En weereens – hier is nog ‘n crucial ding om op ag te slaan – die Wetgewing het hierdie verantwoordelikheid aan ouers toegestaan – nie die onderwyser, skool stelsel, beheerliggaam, Departement, of Minister nie. Dit is ons verantwoordelikheid en totdat ons teenstrydig met die kind se belang optree (en dit dan ook so bewys word en die hof dan gevolglik ons verantwoordelikheid tersyde stel), bly dit ons verantwoordelikheid.  Die grondwet maak voorsiening daarvoor dat die Staat sekere riglyne kan in plek stel, maar juis ten doel om te verseker dat die reg wat elke persoon het tot Basiese Onderwys, uitgeoefen word.

‘n Verdere belangrike punt om uit te lig hier, is dat ons Grondwet voorsiening maak vir ‘n reg tot basiese onderwys. Die reg op onderwys (Internasionaal gesien) is “breër” as die reg op basiese onderwys, aangesien die reg op basiese onderwys slegs betrekking het op ‘n persoon se basiese leerbehoeftes (soos geletterdheid, uitdrukking, gesyferdheid en probleemoplossing) en die basiese leerinhoud (soos kennis, vaardighede, waardes en houdings).

Vir myself vra ek dus die vraag – indien ek net aan bogenoemde ‘vereistes’ voldoen – deur ‘onderwys’ te verskaf wat my kind se basiese leerbehoeftes en inhoud volgens die vereistes van die wet voorsien – sou dit goed genoeg wees?

Vir myself voel dit nee. Want wat ek regtig graag aan my kind wil gee is ‘n omvattende opvoeding.

So wat is ‘n goeie opvoeding vir my kind?

Is dit dalk iets wat elke persoon vir homself of haarself moet antwoord? Ek veronderstel dat niemand regtig kan bepaal hoe iemand anders se kind se opvoeding in sy totaliteit moet lyk nie, so ek wil die vraag vir myself en my kinders antwoord, en dit gaan dus nie noodwendig dieselfde lyk as hoe dit vir my vriendin of bure se kinders of watookal lyk nie. Ek wil ook net inchip en noem dat die Bybel die grootste invloed het op hoe ek glo my kind se opvoeding moet lyk, oftewel, wat die eindresultaat van daardie opvoeding moet wees. Verder ook dat ek nie kan sien hoe ek ouerskap en ‘opvoeding’ in ons familie kan skei nie. Dis vir my deel van dieselfde pakkie – so vir ons familie gaan ouerskap en tuis onderrig hand aan hand.

Mite: Dis die ‘wat’ in wat jy leer, wat ware opvoeding voorsien

Om een of ander rede het baie van ons in die mite ingekoop dat die inhoud die ding is wat die knoop deurhaak soverre tuis onderrig (oftewel opvoeding/onderwys) aangaan. Ons sien baie keer ons kindertjies as ‘n leë put wat ons tot oorlopens toe vol kan maak met inligting en aktiwiteite en allerhande dinge – en dat wanneer ons hulle tenkies lekker vol gemaak het, ons onsself goed aan ons taak gekwyt het om hulle op te voed, of te wel, te leer. Dit help ook nie ons vertel onsself dat ons ‘n beter job doen as in die skool omdat ons die flou en vervelige inligting wat die skole probeer deurgee aan kinders, nou vervang het met inligting wat meer ‘exciting’ is, of nader aan die hart lê van ons familie waardes nie. Skool by die huis kan nog steeds net soveel skade aanrig as skool by die skool. En die viewpoint dat mens iets geleer het omdat ‘n stukkie papier dit vir jou sê is baie beperkend nie waar nie?

Wat sê die Bybel?

Miskien is die heel belangrikste ding wat mens eerste moet oorweeg, wat die Bybel te sê het oor die topic. Needless to say gaan jy nie die woord ‘homeschooling’ of ‘home education’ in die Bybel vind nie. Maar daar is wel ‘n klompie verse oor kinders en die expectations wat God aan ouers stel met betrekking tot hul kinders. Hier is net ‘n paar – soek gerus nog op.

Proverbs 22:6 (ESV) Train up a child in the way he should go; even when he is old he will not depart from it.

Ephesians 6:4 (ESV) Fathers, do not provoke your children to anger, but bring them up in the discipline and instruction of the Lord.

Deuteronomy 6:5-7 (ESV)  You shall love the Lord your God with all your heart and with all your soul and with all your might. And these words that I command you today shall be on your heart. You shall teach them diligently to your children, and shall talk of them when you sit in your house, and when you walk by the way, and when you lie down, and when you rise.

2 Timothy 3:16 (ESV) All Scripture is breathed out by God and profitable for teaching, for reproof, for correction, and for training in righteousness

Proverbs 1:8-9 (ESV)  Hear, my son, your father’s instruction, and forsake not your mother’s teaching, for they are a graceful garland for your head and pendants for your neck.

Deuteronomy 11:19 (ESV)  You shall teach them to your children, talking of them when you are sitting in your house, and when you are walking by the way, and when you lie down, and when you rise.

My persoonlike opinie is dat ons self by die Here se voete moet sit, en hoor wat presies Hy van elkeen van ons verwag tov die uniekheid van ons kinders, hul roeping en gepaardgaande ‘education’. As ek na die Woord kyk, voel dit vir my dat daar ‘n groot verantwoordelikheid op my skouers rus, en truth be told, een wat ek daagliks nog in faal. Maar ek dink ook dat dit nou eers hierdie jaar is wat ek regtig kan sê dat ek moeite begin doen om te verstaan waaroor als gaan, en hoe om dit uit te leef in die konteks van ons familie en die individue daarbinne.

Ek glo byvoorbeeld soos ek al in vorige posts gesê het, dat die begin en einde van Tuisonderrig nie dieselfde behoort te lyk as wat ons in skole sien nie – omdat ek glo dat God die kern, die begin en einde van ons Tuisonderrig journey behoort te wees. Alhoewel ek kinders wil hê wat eendag volwassenes (mature) gaan wees, wie se denke en besluite en gedrag, hul gesindhede en karakter so gaan wees dat hulle selfbeheersd is, goed gevorm is, mense wie ander in ag neem en ‘n waardevolle contribution vir society kan bied – voel dit vir my ek sou steeds gefaal het in my ouerskap en tuisonderrig journey as my prioriteit nie was om relationship met God aan hulle oor te kon dra nie. Ek voel my prioriteite moet lê by my kinders om die Here se teenwoordigheid te ervaar, om op ‘n plek te kom in hul lewens waar hulle God eerste sit in alles, ongeag die ‘persecution’ waarbinne hulle dalk gaan leef ‘n paar jaar van nou. My hart is dat my kinders die Here ten volle moet dien, en meer moet hê en verder moet kom in hul verhouding met God, as wat ek ooit het. Ek verstaan dat kinders keuses maak, so as mens nie die vrugte daarvan in jou kind se lewe bespeur nie, beteken dit nie jy het gefaal nie – soms gebeur dit dat kinders eers draai nadat jy self Huistoe gegaan het – maar ek vermoed dit is waar ons dit so nodig het om self die Here se stem te kan hoor, sodat as ons drooggemaak het, ons kan omdraai en opnuut volg soos Hy die leiding verskaf. En as Hy niks uitwys as verkeerd aan jou kant nie, om dan in totale vertroue op Hom elke dag in te stap, selfs al sien jy nie die vrugte in jou kinders se lewens nie.

Ek dink byvoorbeeld aan wat Jesus gesê het: Gaan dan na al die nasies en maak die mense My dissipels… Begin dit nie eerste in ons huisgesin nie? Sal my hoofprioriteit nie wees dat my kinders dissipels moet wees van Hom op die einde van die dag nie? En ek vermoed mens doen dit deurdat jy hulle eerstens dissipel om ‘n dissipel te word van jou – en daar kan net sukses in wees indien jyself reeds ‘n dissipel is van die Here. Soos God jou parent, parent jy jou kind. Soos die Heilige Gees jou mentor, so mentor jy jou kind.

Ek onthou jare terug toe ek Hettie Brittz se Immergroen Ouerskap kursus gedoen het, is daar aan ons verduidelik dat jy en jou man jou kind se eerste blik is oor wie en wat God is. Ons is ‘God’ vir ons kinders in die eerste paar jare. Die konsep van God is te abstrak vir ‘n klein kind om te verstaan. Namate hulle die konsep kan begin begryp, is ons verantwoordelikheid steeds enorm, want ons moet steeds God se karakter teenoor hulle uitleef in elke oomblik van elke dag. Sy liefde, Sy genade, Sy justice, Sy regverdigheid – die lys gaan aan. Wanneer ek stil raak en my dag betrag, besef ek opnuut dat ek nie eers vir ‘n oomblik kan doen wat ek nou net hier geskryf het nie.  Ek kyk na my kinders, ek kyk na die verhoudinge in ons huis en ek sien dat daar baie dinge is wat kortskiet.

Wat staan my te doen?

Wat sou gebeur as ek my fokus sou wegneem van die boeke. Wegvat van die wiskunde, die skryfwerk, die geskiedenis en aardrykskunde. Wat as om te presteer nie meer die hoof beweegrede sou wees vir my tuisonderrig journey nie. Wat as ek sou besluit dat mense se opinies, en of hulle dink ons is on par met die res van die skole se levels en grade en goeters, is nie van krag nie – maar slegs wat die Here dink of sê? Wat as ek begin luister na wat Hy sê die rigting is wat ons moet inslaan?

Sou dit my in ‘n plek sit waar ek uitroep – KRIEK! Ek hoor dan nie eers die Here se stem behoorlik nie! – hoe gemaak met Hom toelaat om totale leiding te verskaf!? Dan is die belangrikste plek om te begin met my verhouding met Hom. Om Hom te soek met alles wat ek in my het. Om toe te laat dat die Heilige Gees my by ‘n plek van repentance  bring sodat ek weer met absolute sekerheid kan sê ‘Nou hoor ek Hom duidelik en kan ek toelaat dat Hy die journey vir ons uitwys’.

Dalk is ek reeds daar en is die enigste mindshift wat nodig is, die besef dat ware opvoeding nie beteken dat ons aan die einde van die dag ‘n papier het wat sê dat ons nou iets geleer het nie. Maar dat ware opvoeding beteken dat my kind nie net volwassenheid bereik het nie, maar die Here in alles ken. Dat my kind weet wie hy of sy is, in haarself, en in die Here. Dat my kind weet waarheen hy of sy oppad is, wat hul passies is in die lewe. Dat my kind geleer het hoe om God vir elke oomblik van elke dag te vertrou. Dat my kind waarlik weet hoe om lief te hê, hoe om te dien, hoe om ander eerste te plaas en hom of haarself tweede. Dat my kind weet wat dit beteken om sy of haar lewe neer te lê vir die wil van die Vader. Dat sukses gemeet word nie aan hoe impressed ander mense met ons en ons kinders is nie, maar hoe impressed die Here is.

Ek kuier nou die ander dag by ‘n vriendin van my, wie se life partner nie veel ooghare het vir homeschoolers nie. Een van die redes wat hy aangevoer het, is dat elke homeschooling familie wat hy al ontmoet het, ‘religous nuts’ is, en derhalwe is dit net die religiously nutty mense wat tuis onderrig. Ons almal weet dis natuurlik nie waar nie, want die diversiteit wat mens kry onder families wat tuis onderrig, laat daai stelling vinnig grond toe val. Hy het natuurlik net nog nie almal ontmoet nie, en dus mag sy persepsie dalk eerder ‘n refleksie wees van die kringe waaraan hy al blootstelling gekry het.

That said…

Ek het weereens besef – ek wil eintlik bestempel word as ‘n religious nut – as dit is wat my stempel sou wees indien ek met totale oorgawe vir die Here leef. Ek wil nie gebalanseerd wees nie. Ek wil graag radical wees vir die Here. Ek wil hê ons moet uitstaan as mense wat God dien. Ek wil hê dat wanneer ons familie opgeline word tussen ‘n klomp ander, dat dit baie duidelik moet wees dat ons nie een voet in die wêreld het en ‘n ander ‘by God’ nie. Ek wil hê dat God my en my kinders se eerste passie moet wees! Dat dit wat ons excited maak, God is. Sy woord. Sy wil. Sy Presence. Watookal Hy vir ons wil hê in hierdie lewe. Joeg, ons is verseker nog nie daar nie – die journey voel dit my het nou eers begin – maar ek hoop werklik dat dit is waarheen ons oppad is. Dit is my hoop dat ons nooit ‘n familie gaan wees ‘who loves darkness rather than the light’ nie. My hoop is dat ons nooit sal compromise nie – maar alles sal neerlê vir Hom. Ek leer elke dag hoe dit lyk, en ek besef dat baie van my denkwyse nog in ‘religion’ vasgevang is – so daar is natuurlik ‘n groot kans dat die ‘hoe’ in dit alles met die volgende paar maande of jare kan verander ook boonop.

Maar ok – I digress – sortof…   😉

Waar laat dit my as dit by opvoeding kom?

Vir ons familie beteken dit in hierdie seisoen twee goed: Eerstens dat die ‘leer-inhoud’ sekondêr is tot verhouding – met God en met mekaar. Prakties beteken dit dat indien ons tyd uitgesit het vir Wiskunde, maar onmin breek uit tussen die kinders, dat ons wiskunde stop en aandag gee aan die issue. Dit beteken dat ek tyd deurlopend by die Here se voete gaan deurbring, om sensitief te wees vir wat my kinders nodig het, en waar hulle is – sodat ek nie ‘insist’ dat ons nou moet ‘werk’ wanneer ‘n kind eintlik mamma-tyd nodig het nie. En dit is vir my nogals challenging. Ek is nog nie gewoond daaraan om konstant my gedagtes op die Here te rig nie. Ek probeer, maar baie keer gaan die dag verby en besef ek ek het baie van wat ek gedoen het, gedoen in eie wysheid en eie krag.

So ‘n paar weke terug het ‘n groot tragedie ons dorp getref, en het ‘n jong seun selfmoord gepleeg. My hart het geruk, want ek het myself onmiddelik ingedink dat dit een van my kinders kan wees eendag. Ek glo nie mens kan ooit die baadjie vir jouself aantrek dat iemand anders se selfdood jou skuld is nie; en ek is nie ‘n berader nie, en weet te min van hierdie dinge – ek weet ook nie wat in daardie gesin aangegaan het nie. Wat ek wel weet, is dat ek weet ek die persoonlikheidstipe het wat maklik my kind se nood kan miskyk en aandring op die ‘werkie’ wat gedoen moet word – die taak wat voor ons lê wat afgehandel moet word. Dit is vir my baie baie moontlik om my kinders se harte te verloor omdat ek so ‘n taak gedrewe persoon is.  Ek weet ook dit is baie moontlik dat ek so distracted kan raak met my eie wants en desires as gevolg van my steeds selfsugtige nature, dat ek my kinders se harte in die proses verloor, en relationship met hulle aan die wiel ry. Ons (samelewing se) lewens is so gejaagd en so besig en so vol, dat ‘n ‘slow pace’ waar daar werklik tonne tyd ingeruim word vir mekaar en die Here, op neergekyk word, en meermale nie eers herken word as iets wat behoort te gebeur nie. Huidiglik ervaar ek dat ek meer en meer getrek word na ‘n lewenstyl waar minder, meer is.

Tweedens beteken dit ook vir ons gesin om ‘on top of things’ te kom. Die basics. Soos die huishouding handhaaf. Goed uitgooi wat ons distract en besig hou. Aandag gee aan orde en dissipline. It is a work in progress maar iets wat ek besef het baie frustrasie vir my en my man veroorsaak (dat dinge nie in plek is nie) wat dan derhalwe weer ‘n negatiewe uitwerking het op ons kinders en ons tuisonderrig journey.

Ek kom weer terug na die ding oor opvoeding – wat ek dink dit is en wat nie.

Dit baat my nie as my kinders elke olimpiade ‘ace’, en die beste presteerders is (vergeleke met hom/haarself, ander homeschoolers, of selfs kinders in die skool nie) maar nie verhouding met God ooit leer ken nie; of as hulle selfsugtig of liefdeloos is nie. Ek doen my kind geen guns as hulle nie eendag op hul eie voete kan staan nie, en nie weet hoe om ‘n huishouding te kan onderhou of bestuur nie. Daar is min waarde as die papier sê hulle het matriek maar my kind weet nie wie hy of sy is, of hoekom God hom of haar op hierdie aarde geplaas het nie. Ek dink ek sou kon sê ek het gefail in my taak indien my kind hom/haarself sien as die belangrikste persoon wat daar is, en nie compassion het vir ander nie – nie tyd het vir ‘onbelangrike mense’ nie; nie tyd het vir God nie en nie ‘n brandende begeerte het om Sy wil te leer ken of uit te leef nie. Dit baat ons nie indien die wêreld my kinders ‘applaud’ maar God nie impressed is nie. God, glo ek, moet altyd ons beweegrede wees in als.

En alhoewel dit nie beteken dat mens nooit ‘werk’ doen nie, glo ek dat ek nie ons ‘inhoud’ kan vorm voordat ek nie hierdie mindshift in my eie hart gemaak het nie (van onderwys na opvoeding). Ons leef in ‘n performance-driven society – ek het so groot geword, en daar is boonop ‘n natural tendency in my hart om te perform en produktief te wees, ten koste van verhoudinge. So selfs al praat ek net vir myself, is ‘n groot faktor vir my dat ek hierdie verhouding aspek moet regkry – repentence, relationship, laying down my life for His will en ook vir my kinders – alvorens ek begin skaaf aan die inhoud van ons Tuisonderrig mandjie – juis omdat ek so maklik skool by die huis kan doen – so maklik kan verval in die ‘wat’ – in die werk werk werk, en om ander se approval te soek oor wat ons doen in ons huis.

Ek hou van wat Derek Prince gesê het oor prosperity. Hy het gesê ware prosperity is ‘being totally equipped to do the will of God, and when you have done it, you will have prospered’. Wat dus regtig saak maak, is – ‘Is ek besig om die wil van God te doen’. En ek reken dit is wat ek glo die culmination vir opvoeding is in ons gesin – gaan my kinders weet hoe om die Here se wil te discern, will they be thoroughly equipped, and will they be doing the will of God’. Dis die goal. Al die ander goed is sekondêr. Hoe ons daar gaan kom, in die daily outworking daarvan – wel  – dis die challenge, en die journey, en die expidition wat ons onsself in bevind in hierdie oomblik in tyd. Daunting. But I believe we are on the right track. En ek glo die Here is faithful to see us through. It is always a walk of faith.

So wat is die bottomline vir my?

Tuisonderrig in ons familie is oor meer as net Onderwys. Wat ek my kinders wil gee is ‘n omvattende opvoeding, wat verder strek as net die leer-inhoud wat een of ander kurrikulum verskaf. My begin punt is by die Here se voete. Ek kyk na my gesin as ‘n geheel, en ook na my kinders individueel, en in gesprek met die Here bepaal ek wat die behoeftes is van elke kind. Waaraan ek deurlopend moet aandag gee en waaraan nie. Ek breek nie my kop oor watter kurrikulum om te kies nie, ek breek eerder my kop oor wat ek nodig het om te doen om verhouding tussen my en my kinders, en onder mekaar te versterk. Ek laat toe dat die motivering van my hart verander sodat ek nie deur vrees gedryf word, omdat ek bang is ek doen nie genoeg in terme van inhoud nie. Ek soek vir geleenthede waar ons verhouding kan bou, en leef my eie verhouding met die Here op so ‘n manier dat my kinders kan weet hoe ‘n verhouding met God lyk, en hoe ek daagliks dinge uitfigure in die konteks daarvan. Eers wanneer ek van ‘n plek van performance beweeg het na ‘n plek van rus, begin ek ondersoek instel na die leer inhoud, en wat die pad vorentoe is daarvoor. Ek weet dit is makliker vir my omdat my kinders almal nog in die fondasie fase is, maar ek glo nie dit is minder belangrik wanneer ons kinders ouer is nie. Akademie kan altyd ingehaal word, maar karakter bou, verhoudinge, verantwoordelikheid en dies meer is iets wat oor ‘n lang tyd gekweek en gebou word, en wat ons nie net vinnig in ‘n boek kan naslaan oor hoe om te ‘fix’ nie.

Dis my opinie op hierdie tyd in elkgeval – een wat ek glo gevorm word namate ek ook elke dag meer en meer leer op hierdie pad wat ons tans wandel.

Maranatha. Mag ons die Here se presence net meer en meer ervaar in hierdie seisoen van ons lewens.



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *