tuis en elders, vir mammas en vrouens

Dryfsand en woestyn oomblikke

Dryfsand en woestyn oomblikke

Waar begin ‘n mens om die skerwe van ‘n stukkende lewe op te tel? Jou eie stukkend. Want elke mens se stukkend lyk anders, elke gesin se skeure en breuke en opdraendes en pootjies is anders as die ander een s’n. My stukkend mag dalk iemand anders se hoop wees, waarheen hulle streef om uit te kom, want hulle stukkend is anders en baie keer, erger as myne. Maar stukkend is steeds stukkend. En ‘n mens se eie stukkend het so ‘n manier om jou te oorweldig, om jou op te swelg en heel in te sluk. Somtyds wens jy vir ‘n heel insluk, maar word jy eerder gegroet met ‘n stadige malende kou, wat jou laat wonder of dinge wat jou laat voel asof jy swaar kry, dan ooit gaan einde kry.

My stukkend het so ‘n manier om stadig aangerol te kom, so ‘n klein stukkie op ‘n slag, sodat ek onbedag is vir die aanslag. Dit kom soos ‘n wolk aangedryf, en het so ‘n manier om voller en voller te raak maar oënskynlik nie oorweldigend nie, tot ek weer kyk, en dan is dit donker, en groot, en het ek nêrens om te gaan om weg te kruip nie. My stukkend neem gereeld die vorm aan van gesprekke in my kop, gedagtes, beliefs – oor myself, oor ander, oor my lewe, my tekortkomininge, alles wat ek al ooit verkeerd gedoen het, en wat ek vas oortuig is ek nog gaan doen ook.

My stukkend is soos lawa op ‘n TV skerm – dit lyk so koud, en stadig, en asof dit nie enige skade kan berokken nie – maar die ding is, van waar ek kyk, sien ek nie die realiteit daarvan nie, en ek hardloop nie weg met die eerste oogopslag nie. Ek staan vasgenael en wonder oor die swart massa wat aankom. En wanneer dit die groen gras hier naby my voete verskroei, is dit te laat om om te draai en te hardloop. Dit het my ingehaal.

Ek dink by tye my stukkend is uitsorteer, afgehandel, gesond en reggemaak. Maar dan gebeur daar goed en dan besef ek dit was nog al die tyd daar. Net ‘n bietjies versteek.

So is dit dat ek myself tans in een van daardie put tydperke beleef. ‘n Diep donker gat waar ek sukkel om teen die gladde mosbegroeide rande uit te kom. Hierdie put wat my altyd laat wonder hoekom ek daar in val om mee te begin en hoekom niemand anders wat ek ken ooit hulself in ‘n put bevind nie. Dis ‘n put waar daar geen uitkykpunt is nie, niks vensters nie, net donkerte en ‘n gevoel van algehele verslaendheid, waar die hoop dat dinge sal verander soos oggend-dou van die gras af verdwyn, en al wat mens sien, die doringplante rondom jou is.

Wanneer daai diep donker put my intrek het ek krag vir niks nie. Slaap is te min, of dit 2 ure of 10 ure is, dit voel dieselfde. My stukkend maak my moeg, en tap die lewenswater uit my binneste, sodat ek dor soos ‘n woestyn daar uitsien, en net niks het om aan enige iemand te bied nie. My familie loop die meeste deur – die wat ‘n huis deel bedoel ek – vernaam my kinders. Want ek het nie ‘krag’ vir hulle ‘nonsens’ nie. Daar is nie ‘n pret-mamma in sig nie. Net die een wat kwaai praat en eintlik alleen wil wees. Wat kwaai raak oor die deurmekaar huis, maar nie die krag het om self te help om netjies te maak nie. En wanneer ek in die diepste diep is, is die kwaai nie eers meer daar nie, net ‘n leegheid wat regtig vir niks meer omgee nie.

Ek sit en wonder waar het dinge dan nou weer skeef geloop. Hoe het ek dit reggekry om af te gly van hierdie sand duin af – want dit is hoe dit somtyds vir my voel my lewe is – woestyn duine reg rondom. Maar as ek op die kruin kan bly, kan ek voorentoe beweeg, en van tyd tot tyd ‘n oase teekom wat my diep en lank voed in die skoonheid en lewe daarvan; maar hier op die kruin van my woestyn sandduin, as ek na links of regs dwaal, dan begin ek te glip en rol die sand my as’t ware verder en verder weg van my pad af. En waar ek stil raak in my diepste binneste, kan ek sien hoe ek klein keuses gemaak het, wat op die oog af regtig nie na baie gelyk het nie, maar genoegsaam was om my links of regs van die kruin te sit, en te veroorsaak dat ek af gly.

Deel van hierdie klein besluite was ook om my oë van Jesus af te haal. Time and again besef ek net dat ek net nie equipped is om hierdie lewe solo te doen nie. Daar is ‘n massiewe klomp leuens wat ek oor myself glo, en daar is baie challenges wat dag tot dag my kant toe kom, en my support structure is meermale nie genoeg nie – so as ek waag om weg te kyk van die Here af bevind ek dat ek sink.

Ek onthou ek het as kind ‘n stille vrees gehad dat ek eendag in dryfsand sou kon opeindig en wegsink onder die sand in sonder om myself betyds te kan bevry. Interessant genoeg kan mens gewoonlik nie heeltemal sink in dryfsand nie – dis gewoonlik nie diep genoeg nie, maar jy kan vassit, en dan is jou grootste gevaar om dood te gaan weens ‘exposure’ of dehydration, of verdrinking as die dryfsand op die kuslyn is en die water inkom. Hoeditookalsy – die regte manier om bevry te word van dryfsand is om so stadig as moontlik te beweeg, en om jou lyf so plat as moontlik te kry – i.e. om te probeer dryf, en dan amper half uit te swem/leopard crawl. Klein en stadige bewegings is key. So bly kalm, en probeer op jou rug kom, of plat kom, en beweeg dan stadig uit. As jy panic en wild begin raak, dan gaan jy sink/verder vassit. Ek ervaar vanoggend dat dit so is ook met my ‘stukkend’. Hoe meer ek panic, en vas skop en probeer uit klouter, hoe dieper val ek weg. Die donkerte wat ek die afgelope maand(e) ervaar het was eintlik genade, want ek het so vasgevang geraak in die stukkend van my lewe en die challenges in my huishouding en in die verhoudings binne ons vier mure, dat dit die krag uit my uit gesuip het – maar die genade was in wat dit veroorsaak het – dit het my lank genoeg stil gemaak dat ek kon besef het waar ek myself bevind. Vasgevang in dryfsand, ver weg van die Here. En die beste pad uit is nie om nog verder te probeer self fix nie, maar juis om kalm te raak, en klein bewegingkies te maak, totdat ek kan lê, sodat ek kan uitrol uit hierdie sinkende sand put. My fokus op die Here, en nie op my shortcomings, of my challenges nie.

Ek het ‘n droom gehad gisteraand – kan nie als onthou nie – behalwe die laaste deel net voor ek wkker geword het. Ek en ‘n ander mamma het staan en gesels. Sy was ‘n baie mooi vrou, beautiful wavy swart hare, en terwyl ons gesels maak sy die comment dat wat sy besef het is dat wat haar kind nodig gehad het nie noodwendig ‘n mamma was, propvol allerhande kennis nie – maar net hoe sy is – en dit was genoeg vir Mieke (haar kind). Ek het wakker geword met die gedagte – baie van dit wat ek graag wil wees voed meer my eie ego as wat dit my kinders voed, of noodwendig die beste is vir my kinders. Baie van my stukkend is die gevolg van ek wat myself vergelyk met ander rondom my. En ek sien superficially. Ek sien die blinkgevryfde beeld wat aan ‘n wêreld voorgehou word, en my beeld dink ek is vaal en stukkend, en ek voel ek is nie goed genoeg nie. Somtyds is die beeld nie blinkgevryf nie, maar die mamma ‘n lieflike natuurlike plat op die aarde mens, en uitgesorteer, en op die oog af in beheer – en daar voel ek ook ek skiet tekort, en kry ek dit reg om inwaards te keer en alles oor myself te begin af skiet, eerder as om die mamma in haar beauty te celebrate. Vir my is die hoof probleem time and again dat ek my blik verskuif – weg van God af op myself, of op ander.

Hoe gaan daai liedjie?
Turn your eyes upon Jesus
Look full, in his wonderful face
And the things of earth will grow strangely dim
In the light of his glory and grace

Ek het dit reggekry om in die laaste tyd stukkie vir stukkie weg te beweeg van my Redder af. Ek het dit reggekry om ten spyte van wat ek weet, te doen wat ek weet nie reg is nie. Ek het my blik verskuif na mense en boeke, en ek het my tyd met die Here afgeskeep.

Daar is net Een Herder. Net Een Sterk Vesting. Daar is net Een wat waarlik kan red en bevry. Mense skryf boeke daaroor – maar boeke kan jou nie aan die Verlosser bekend stel nie. Boeke kan nie jou verhouding met die Here verbeter nie. Net tyd saam met Hom kan. ‘n Uit-roep in die dag tot dag. ‘n Stil word, stil sit oomblik waar mens met Hom gesels.

Die vyand het so ‘n manier om my weg te lok, maar die Here se genade is meer. He will never leave us nor forsake us. Dis ons wat afdwaal, nie God wat weg beweeg nie. Jesus het aan die kruis alle sonde op Homself geneem, en Vader God het SY rug op Hom gedraai en Hom verlaat in daai oomblik, because He became sin and God cannot be where sin is. En nou? Nou met Jesus as ons Verlosser, wanneer ons Hom volg en Hy ons Meester raak, dan is Sy bloed voldoende, en hoef ek nooit weer te vrees dat die Here my gaan verlaat nie. God is faithful, even when we are not.

En selfs nou terwyl ek hier tik, is die voices of doubt steeds daar. Maar ek het opgekyk, en ek is nie meer verswelg in die donkerte van my put nie, want bo my, is die Lig. En dis waarna ek kyk. En streng gesproke is ek nog hier in die put, en is ek nog steeds nie op die kruin van die duin nie, maar skielik is dit nie meer belangrik nie, want nou kyk ek na my God. Die Een op wie ek vertrou.

God as my Verlosser beteken nie altyd my omstandighede verander nie. Dit beteken nie noodwendig ek word verlos van waar ek my bevind nie- maar ek glo wel dat ek vrygemaak word. Vry om Hom te volg selfs wanneer my omstandighede steeds dieselfde is. Vry om Hom te glo, vry om Sy joy te ervaar. Vry in Hom en vir Hom.

Ag daar is soveel meer wat ek eintlik wil sê. Die Here is so goed vir my. Vir nou wil ek net hierdie laaste song met julle los, want dit bless my so ongelooflik – my innerlike struggles hardloop ver en diep en hierdie song het so ongelooflik in my need geminister vanoggend – en ek hoop dit minister in joune ook – even if it is just to confirm what you already know. My prayer vir ons almal is dat ons in ons woestyn en dryfsand oomblikke ons oë op die Here sal rig. Dat ons woestyn ons plek van joy sal raak. In ons diepste put Hy die een sal wees op wie ons fokus.

Maranatha. Kom Jesus.

Lauren Daigle:
“Loyal”
I could never earn Your heart
I could never reach that far
But You have pulled me close
You’ve never let me go
I’m safe forever in Your arms
Your promises I can not break
And I know You will never change

Your love is, Your love is
Your love is loyal
Your love is, Your love is
Your love is loyal
More faithful than the rising sun
This grace for me I can’t outrun

Your love is, Your love is
Your love is loyal

You are always there for me
You listen every time I speak
You look into my eyes
You see the things I hide
And say that You will never leave
Your promises I can not break
And I know You will never change

Your love is, Your love is
Your love is loyal
Your love is, Your love is
Your love is loyal
More faithful than the rising sun
This grace for me I can’t outrun
Your love is, Your love is
Your love is loyal

When my world shakes
Your love remains unshaken
So constant, so perfect, unwavering
When my world falls
Your love remains unfailing
So constant, so perfect, unwavering
So constant, so perfect, unwavering
Your love is, Your love is
Your love is loyal
Your love is, Your love is
Your love is loyal
Your love is, Your love is
Your love is loyal
More faithful than the rising sun
This grace for me I can’t outrun
Your love is, Your love is
Your love is loyal

 



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *