tuis en elders, vir mammas en vrouens

Oor my

Ek is nie aldag seker oor hierdie hele blogging ding nie. Voel maar bra counter-productive om te blog en die woorde is baie keer min hier in my kop teen die tyd wanneer ek voor die rekenaar inskuif. Wanneer ek staan en skottelgoed was, of hier en daar probeer skoonmaak, kan my kop nie ophou gesels nie, en die woorde en die gedagtes vloei vry. Maar sodra ek hier kom sit is dit asof ek skielik niks meer oor het om te sê nie. En dit laat my wonder of ek ooit moet! Ek vra myself dan die vraag af waarom ek dit doen, wat die doel is daaragter? Ek sukkel meer dae as nie om my huishouding en kinders en tuisonderrig onder beheer te kry – so dit kan nie wees dat ek blog omdat ek tonne wyshede het om te deel, en die hele plot mooi uitgefigure het en ‘n tien-punt-plan het om te offer nie. En kla en murmureer wil ek ook nie regtig nie – ek weet mos nou die Here is nie groot op dit nie. (dink Israeliete in die woestyn – hul gemurmureering het die Here teen die mure uitgedryf). Ek is nie die grootste denker in Afrikaans nie – inteendeel – wanneer ek daar iewers in my huis doenig is en die gedagtes vloei so vry – dan vloei dit gewoonlik in Engels! So miskien moes ek eerder in Engels gaan blog het. Maar tog, ek glo nie dis regtig die rede agter die gedagtes-stilstand nie.

Miskien moet ek maar net erken dat ek eintlik net ‘n plek soek om die woorde wat maal en die struggles wat ek beleef, en die op en die af van ons daaglikse lewe, te deel. Miskien is dit omdat ek van tyd tot tyd vrouens raakloop waar dinge nie so klopdisselboom gaan soos wat ek altyd aanneem nie. Ek het hierdie prentjie in my kop dat ek die enigste een is wat party dae voel soos ‘n failure, wat die lewe net nie regkry soos wat ek wil he dit moet wees nie. Ervaring het egter geleer dat dit nie die volle waarheid is nie. So ek hoop dat daar iemand is wat eendag op ‘n reendag op die blog af strompel en vaskyk in iets wat baie soos hul eie lyk. En dalk net kan my ‘op-en-af’ dag bemoediging bring vir iemand anders wat in ‘n af is; of dalk iemand anders help om te sien hoe ver hulle al gekom en gegroei het. Wie weet. Voorlopig hou ek dit maar Afrikaans, want ek probeer hard om my Afrikaans te verbeter vir my kinders se onthalwe, en mind you, daar is so verskriklik baie Engelse blogs daarbuite.

So dit is dan weliswaar wat jy hier gaan vind. ‘n Bietjie realness in ‘n wêreld waar dit so baie keer lyk asof almal die ‘perfect’ life het. En ek gaan ‘n vet kans vat. Want ek wil die waarheid share, oor hoe dit regtig somtyds hier in my huis gaan. En dit is sekerlik ‘n risiko, want party mense mag dalk nie generous wees met hul grace nie – maar in my hart weet ek dit is ok, want ek hardloop nie in mense se grace nie, maar in die Here s’n. En ek moet ‘n disclaimer hier in sit – I haven’t arrived. Ek figure hierdie storie seriously nog dag vir dag uit. Dit is een van die redes hoekom ek nou wil begin skryf, en nie wag tot oor 10 jaar van nou af nie, want dan het ek dalk al vergeet hoe dit was hier aan die begin. Ek reken dis vir myself ook ‘n monument wat ek oor tyd wil bou, om die journey te kan sien in skrif, en te kan lees op dae wat ek dalk nie die moed het om uit die bed op te staan nie; of op die dae wat ek sweef en dink ‘i’ve done it all’ – om te onthou that all good things are from the hand of the Lord, en dat dit deur Sy genade is wanneer dinge mooi in plek val.

My spannetjie is 4 sterk. My oudste dogtertjie word 9 in Julie, my tweede is ‘n seun, en word 7 in Julie, my derde is ook ‘n seuntjie en word 5 in Oktober, en my jongste, ‘n dogtertjie, word 3 in Februarie van volgende jaar(2019). Ek is nou 42, ek is hierdie jaar maar eers ‘n skamele 11 jaar getroud, en ek het ‘n man, en hy bly inderdaad in hierdie huis, en hy is verseker lief vir ons, maar ek moet bieg, ons sien hom tans bitter min, en mense sien hom ook nogals min saam met ons. Dit voorsien challenges opsigself, en daaroor sal ek ook van tyd tot tyd blog, want dit is real in ons lewens, en het ‘n impak op my en die kids – maar ek en hy hoop dat oor 18 maande van nou af, dinge nie meer dieselfde gaan wees nie. (We are working towards that goal!) Ons woon tans in die Boland, ons is ‘n middel klas familie dink ek, en ons operate op 1 inkomste. Ek is ‘n volger van Jesus, (die beskrywing ‘Christen’ is deesdae te breed, en te afgewater, so ek is nie altyd so seker of ek myself so wil beskryf nie) – maar bottomline is Hy is my Meester, en ek is sy slaaf – een wat nog hardkoppig is baie dae, en baie dae nog sukkel om presies te snap hoe die hart van ‘n slaaf lyk in die lyf van ‘n Kind van die Here, met al die vryheid wat laasgenoemde bring. So daar is baie dae meer selfsug in my as enige iets anders, en daar is verseker nog dae wat ek nie altyd vir Jesus in my kan sien nie. Maar ek glo ongetwyfeld in die genade van my God, en kan met absolute oortuiging sê that He won’t forsake the work of His hands. Ek noem dit, want ek gaan praat van die Here in die inskrywings hier, Hy is my lewe, so dit kan net nie anders nie.

So daar het jy dit dink ek? Ek het amper 6 maande gevat om hierdie entry te maak. Wat so silly is, want ek vir een, wanneer ek ‘n webtuiste besoek, gaan amper altyd dadelik na die ‘about’ page toe om te sien wie die persoon is agter die skrywes. Ek reken ek was maar so traag omdat ek nie gereken het mense gaan ooit op die blog afkom nie, en my ma en sussies weet mos wie ek is en dat dit ek is wat skryf. Maar nou is dit gedoen, en kan ek sekerlik net nog sê – welkom! Dit is lekker om jou hier te kon hê!

Mag die Here se genade in elke oomblik van elke dag jou omvou en versterk.  Liefde, Nellita